Koop ‘n varkkop, skrop hom fokken goed, tanne ore, die hele spul. Dan, vat:

    4l – 5l water
    1/5kg sout
    250g suiker
    Handvol vars rosmary
    Handvol vars thyme vars
    5 eetlepels Knoffel
    Handvol swart peperkorrels
    3 Bay leafs
    Eetlepel fennel

Meng hierdie mooi in ‘n groot pot. Gooi nou die varkkop in die watermengsel en laat staan hom vir so dag en ‘n half dat hy mooi trek.

Stap 2:
Kap so sak uie op, gooi dit in ‘n groot pot sit die kop in
Gooi so 1.5 bier in, helfte van daai watermengsel – maak seker daai is baie van die kruie en goed in die water wat jy oorgooi. Gooi so halwe koppie asyn by.

Kook hom vir so 5 tot 6 ure stadig op die oond, tot die vleis lekker sag is.

Terwyl jy hom kook, maak die sous:

    2.5l bier
    1kg suiker
    250ml rooi asyn
    250ml vars lemoensap
    chili flakes
    Swart peper

Kook hom tot hy ‘n lekker stroop is – dit vat lank, so begin hom so as jy die kop begin kook.

Laat hom afkoel.

As die kop mooi sag gekook is, sny die ore af. Maak sny merke regoor die kop. Sit die oond op so 200 en as hy lekker is, gooi daai sous oor die kop en bak hom vir so 45min tot ‘n uur of tot hy lekker bruin is.

As hy klaar is, sny stukkies af en sit dit op ‘n stukkie melbatoast met veiekonfeit.

Dis vat erg lank maar dit is die moeite werd!

Deel so bietjie...