OK, dis darem nie net wors nie. Dit sal bietjie grim wees. Ons gooi darem bietjie aartappeltjies, rys en sous ook in die mix. Jy het seker twee artappels en ‘n koppie rys at least, huh? Hierdie is nie brain surgery nie, maar jy sal verbaas wees hoeveel mense daarbuite is wat nie eers water kan kook nie. Helen Zille is een van daai mense…

Wat jou nodig het
Halwe kilogram wors
2 aartappels
so bietjie botter
1 ui
Steak & chops spice
rys

Pre-heat jou oond op 190.
Smelt bietjie botter in ‘n oondpak, verkieslik een met ‘n deksel of een wat jy somehow can cover.
Sny 2 aartappels op in wedges en pak dit uit in die oondbak.
Sit die wors ook in die oondbak
Sprinkel steak & chops spice oor fokken alles
Sny die ui op en pak die wors toe daarmee
wors-en-rys-1Cover die oondbak en sit die hele storie in die oond vir ‘n uur lank. So net voor die uur om is, kan jy die rys solank opsit. As jy nie fokken weet hoe om rys te maak nie, maak so: bliksem ‘n koppie rys in ‘n Pyrex bak en cover dit met water (so 1cm bokant die rys). Nuke dit in die microwave vir 15 minute. Check hom net so elke 5 minute en roer die gedoende. Jy fokken kry nie makliker as dit nie. Onthou so kwart teelepel sout ook,
Na ‘n uur, check met ‘n steakmes of die aartappels gaar is. Dit behoort te wees. Indien wel, sit die bak terug sonder die cover en bliksem jou dish so biejie met die grill vir 15 minute, maar skuif eers die uie eenkant toe sodat die wors ‘n tan kan vang.
Draai die wors en die wedges om, moer nog so bietjie steak & chops spice op en grill hom vir nog so 15 minute.
Haal die aartappel wedges en wors uit die bak uit, gooi die sous en die uie van die wors oor in ‘n pan op redelike hoĆ« hitte. Meng ‘n halwe teelepel meel in ‘n kwart koppie water en roer dit in die pan om ‘n gravy te maak. Jy kan dalk so halwe blokkie stock ook inmoer as jy lus is.

As jy alles reg gedoen het, behoort jou aandete min of meer so te lyk:
wors-en-rys-2

Deel so bietjie...