Hierdie is genoeg vir so 4 mense. Ek kook volgens gevoel en hoop ek onthou wat ek gistraand gedoen het want die sop was heerlik.

Vir die sop:

So 8 medium aartappels
bondeltjie (daar was 5) preie (leeks)
2 seldery stingels
1 hoender stock pot
250g bacon bits
teelepel crushed knoffel
knippie tiemie
Croutons
Enige soort dagoue brood (french, chiabatta, rolletjie of doodgewone gesnyde brood) in blokke of skyfies gesny.
Olyfolie
gedroogte origanum
basil
knoffelpoeier na smaak

Drup olie op gesnyde brood, strooi geurmiddels oor en meng. Plaas op bakplaat in oond teen 150. Doen hierdie voor jy die sop maak en roer van tyd tot tyd totdat dit lekker crisp is.
Braai bacon bits in bietjie olyfolie oor matige hitte, in jou sop kastrol tot lekker crisp.
Terwyl bacon braai; kap seldery, preie en geskilde aartappels.
Verwyder bacon en saute preie, seldery en knoffel in vetjies in kastrol tot deurskynend, so 5 – 10 min.
Gooi aartapels, helfte van bacon, stockpot en tiemie by.
Gooi kookwater oor tot so 2cm oor groente en kook tot groente sag.
Blits met stick blender tot glad. Proe nou of genoeg sout.
Sit by as te min, te veel dan het jy nie net een stockpot gebruik nie.
As te dik, voeg so bietjie kookwater by.
Mense wat nie cholestrolprobleme het nie kan nou ook as hulle wil so bietjie roomin roer. Gerasperde kaas kan ook oorgestrooi word maar is nog lekker daarsonder.
Bedien met croutons en van die bacon bits.

aartappelsop-1

aartappelsop-2

Deel so bietjie...