As groen jou kleur is, is die een vir jou.  Jy kan enige oorskietvleisie insit om die tert so bietjie “op te tert”  Die dish kos nie veel nie, veral as jy ‘n buurman met groen vingers en ‘n lae heining het en jou hond jou eie groente tuin 6-love opgefok het.
Lekker vreet…

Bestanddele :
1 ui fyn gekap
1 klein zucchini in skywe gesny
1 pak mushrooms in rowwe skywe gesny
1 rooi pepper in strips gesny
2 eetlepels sesame saadjies
See sout vlokkies (Maldon werk lekker )
1 teelepel Garlic paste
2 teelepels elk Italian herb paste end coriander herb paste – nie droë herbs nie!
Chicken salt spice na smaak
Leftover geroosterde hoender
Twee eetlepels romerige feta kaas
Twee velle skilfer deeg, uitgerol tot 3 mm dik.
Egg wash
Bietjie sesame olie vir afronding

Sit bietjie olyfolie en botter in ‘n swaarboom pan en smelt oor medium hitte.
Caramelise die uie.
Voeg die mushrooms, herbs, zucchini en red pepper by en braai tot “el dente”.
Sseason met sout en chicken spice.
Haal die veggies van die hitte af en laat heeltemal afkoel – warm sit in rou deeg en grill die spul.
Sit die gerolde deeg op ‘n vlak bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Sit ‘n generous helping van die veggies in die middel van die deeg, voeg ‘n handvol hoender by en helfte van die feta.
Vou die kante van die deeg in soos ‘n mandjie en druk die voue om die deeg in plek te seël.
Sprinkel bietjie sesame saadjies oor die vulsel.
Herhaal met res van die deeg en vegies.
Verf die deeg met egg wash en bak teen 180-200 grade celsius tot die deeg goudbruin en opgepof is.
Haal uit die oond en drys liggies met sesame olie – nie te veel nie, dis baie geurig.
Bedien saam met geurige kruie slaai.Wendy

Deel so bietjie...