kreef hotel logoAs jy al in gerief en luuksheid by Oppikoppi oorgeslaap het, afgerond met ‘n moerse brekfis, het jy heel moontlik in die Kreef Hotel oorgeslaap. Skoon, warm storte, skoon kakhuise, bands by die intieme stage, cell charging stations en gasvryheid uit die boonste rakke is aan die orde van die dag. Chris Kreef en familie run hierdie besigheid nou al vir langer as tien jaar lank en het ook onlangs De Kreeft Stamkafee by Saronsberg Teater in Tulbagh oopgemaak.

Hy is ook ons gas wat hierdie week een van sy resepte met Wat Kook Jy? deel.

Web: http://www.kreefhotel.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/KreefHotel


Hierdie resep kom van my ouma af, Ouma Kriekie Gerber – die nagtegaal van die Strand . Doen dit NET soos die resep. Moenie ‘n doos wees nie, wees net jouself..

Koop (of gaan shop met ‘n lang baadjie vir goeie afslag):
2 blikkies Nestle Caramel kondensmelk
2 pakkies Tennis biscuits (moenie op hulle sit in jou kar nie, hulle moet heel bly)
3 Peppermint crisp chocolates
1 klein pakkie rooi cherries
1 pakkie Orley Whip (ja, die plastic room, NIE regte room nie)

Metode:
• Kry ‘n glasbak, reghoekig en omtrent so diep soos ‘n iphone se breedte
• Pak die Tennis biscuits onder in die glasbak. Soos dit nou maar is, sal die biscuits nie mooi pas nie. Saag (jy weet jy wil) die biscuits met ‘n bottermes (saag saggies dat dit mooi netjies afsny), sodat jou glasbak onder volgepak is.
• Smeer die caramel kondensmelk op elke biscuit, lekker dik – soos gebruik ‘n hele blikkie op hierdie onderste laag. Pak die biscuits terug en smeer die kondensmelk tussen die biscuits dat hulle aanmekaar vassit.
• Klits (met ‘n s ja) die Orley whip totdat dit lekker dik is en fluffy (vat hom)
• Smeer die Orley whip lekker dik bo oor die kondensmelk. Dik genoeg dat jou glasbak teen die tyd half vol tot bo is.
• Rasper die Peppermint Crisp met die KLEIN gaatjies op jou rasper (oppas vir jou vingers, bloed proe kak in die resep) – strooi die gerasperde chocolate oor die room (1.5 chocolates)
• Begin met laag 2, dieselfde as laag 1. Maar die keer moet jy die biscuits eers klaar smeer voor jy dit op die room/chocolate neersit, anders sit dit vas. Moenie ‘n doos wees nie, wees net jouself..
• Koekies, kondensmelk, Orley whip, chocolate. Wanneer jy klaar is met laag 2 moet jou glasbak mooi vol wees tot net bo die rant.
• Na die 2de laag klaar is met gerasperde bloedlose chocolate – sny die cherries in agstes (klein genoeg dat dit jou nie laat kots as ‘n groot stuk in jou keel vassteek nie)
• Sit in die yskas vir 5 ure.
• Bedien koud, gesny in squares. Wees versigtig, dis poeslekker. Jy kan dalk jou vingers opeet per ongeluk.

Moenie:
• Die biscuits in ENIGE iets nat dip nie. Soos brandy. Soggy koekies proe kak. Die ding moet crispy wees.
• ‘n P aan die einde van ‘Peppermint Chris’ tert se naam sit nie. Dis Chris, sonder die T. Of P.
• ‘n Doos wees nie, wees jouself

peppermint chris tert

peppermint chris tert 2

Deel so bietjie...