Hierdie resep is fokken maklik om te maak en redelik vinnig. Dis even nog vinniger as jy reeds ‘n tipe van ‘n base het (mens kan dit net koop) maar ons sluit vir jou ‘n resep vir die base ook in wat jy in ‘n moerse klomp ander resepte ook kan gebruik. Dis redelik eenvoudig…

Wat jy nodig het:
1 blik kondensmelk
3 eiers
1/2 kopie suurlemoensap
1/2 strooisuiker

En vir die base:
1 en ‘n half koppie meel (225g)
2 eetlepels versiersuiker
125g botter (in blokkies, nie gesmelt nie)
2 en half eetlepels yswater

Pre-heat die oond tot op 180
Sif droƫe bestanddele in bak.
Vryf die botter in tot dit soos broodkrummels begin lyk
Voeg water by en gebruik ‘n mes om alles mooi te meng in ‘n deeg.
Gebruik verder jou hande om die deeg bymekaar te bring
Sit die deeg op non-stick baking paper en rol uit tot halwe sentimeter dik
Line ‘n 23cm pyrex bak met die deeg en maak toe met baking paper
Los in die yskas vir 30 om te rus
Jy moet die deeg nou “blind bake” vir 30 minute, so gebruik rys om ‘n die baking paper plat te hou.
Haal uit, verwyder die baking paper en die rys en bak weer vir 20min tot dit mooi goudbruin is.

Die meringue filling
Klap die oond op 160. vir ‘n pre-heat
Skei eierwitte van eiergele in twee verskillende bakkies
Klits eierwitte tot dit styf is – die easy manier om hier te check of dit reg is, is om die bak onderstebebo te draai sonder dat die eierwitte uitbliksem.
Voeg die strooisuiker stadig by en hou aan klits en sit dan eenkant.
Meng die eiergele en voeg die blik kondensmelk by.
Voeg halwe koppie suurlemoensap by die eiergeel mix
Klits vir omtrent ‘n minuut lank – mengels moet bietjie begin set
Voeg die eiermengsel by oor die base
Voeg die wit mengsel by en smeer dit egalig oor die geel mengsel
Bak teen 160 vir 25 minute.
Laat die outjie afkoel en sit dit in die yskas.
Baie geluk, jy’t ‘n fokken lemon meringue gemaak!

lemon-meringue-pie

Deel so bietjie...