Elkeen het hulle eie definisie van leftovers, so moenie jou kak verloor nie – raak kreatief. Ek het een Maandagaand by die huis gekom met die besef dat die yskas karig lyk en die koskaste ook semi-leeg is. Te laat om shopping te gaan doen en te arm in elk geval het ek maar iets aanmekaargeslaan met wat ek gehad het…

Wat jy gaan nodig kry:

2 eiers (yay!)
6 mushrooms (shame)
paar repies chopped uie (het somehow ‘n halwe ui in ‘n tupperware bakkie gehad)
die laaste bietjie kaas in die yskas
spring onion (kon dit net sowel wegmoer)
oorskiet vleis (baie sad. klein stukkies)
die eensaamste tamatie op aarde
‘n mespunt vol bakpoeier
botter
‘n happie melk (die koffie moet maar swart gedrink word)

oorskiet omelet 1
Chop die mushrooms op en moer dit in ‘n pan saam met die uie en spring onion en braai so dit bietjie in botter. As hulle begin bruin word, chop die huilerige tamatie op en moer hom ook in. Gooi blokkies left-over vleis in die mix en braai alles saam. Haal van die stoof af en laat dit so bietjie chill in ‘n bakkie op die kant.
oorskiet omelet 2

In ‘n ander bakkie of jug, crack 2 eiers, gooi happie jou melk in, die mespunt bakpoeier en roer tot dit so eendjiegeel kleur word. In ‘n extra pan met so bietjie botter (ek is fokken lui en like nie dishes was terwyl ek kosmaak nie), moer die mengsel in en sit ‘n deksel op. Dis nou die eiermengsel, nie jou ander treurige bestanddele nie. Klap low heat – jy wil nie die fokken goed brand nie. Check na so ruk of dit lyk asof jy die omelet-eier vibe kan lig met ‘n spaan en maak die outjie beitjie los. Bliksem al die ander bestanddele oor die een helfte van die soortvan-omelet se base uit en moer gerasperde kaas bo-oor. Vou die ander helfte oor. Sit die deksel terug en haal die pan van die stoof af sodra die kaas gesmelt is.
oorskiet omelet 3

oorskiet omelet 4
Baie geluk. Jy’t nou ‘n armgat omelet wat jy kan vreet. As die vulsel by die kant uitbliksem, moenie worry nie – sit dit eenkant op die bord as dressing.  As alles uitfok, moet ook nie worry nie. As die eier at least gaar is is dit mission accomplished. Al daai kak gaan in elk geval soos ‘n gemors in jou maag lyk. Bedien met ‘n glas water want jy is fokken arm.
oorskiet omelet  5

Deel so bietjie...