krismis

Sharon se lekker maklike glazed gammon vir Krismis

‘n Eenvoudige glazed gammon is een van die maklikste goed op aarde om vir Krismis te maak, plus dis fokken lekker. As jy manage om hierdie op te fok is jy ‘n special tipe van dom.

Wat jy nodig het:
Ontbeende, ongekookte gammon van omtrent 2.5kg1 ui in twee halwes gesny
cloves (as jy nie cloves like nie, los dit uit)
2 stokkies selery
water
50g botter
75g bruinsuiker
‘n eetlepel mosterd (nie fokken hotdog mosterd nie, iets oordentlik)

Sit die gammon in ‘n groot pot en vul op met koue water en laat dit kook
Sodra dit kook, drain die water uit, maak die pot skoon en maak weer vol met water.
Druk die cloves in die twee halwe uie in. Hy moet lyk soos ‘n porcupine. Bring alles tot op kookpunt, bring die hitte af en simmer hom vir so twee-en-‘n-half ure.
Haal die pot van die plaat af en  laat die gammon afkoel in sy sous.
As hy koud genoeg is, haal die vel af (net die vel, nie die hele fokken storie met die vet nie)
Sny nou diamant shapes oor die vet regoor die bokant.Smelt botter oor lae hitte en voeg die bruinsuiker en mosterd by. Meng alles tot dit lekker smooth is.
Smeer die mengsel met ‘n kwas oor die gammon. Jy kan cloves ook indruk as jy wil.
Druk die outjie in ‘n preheated stoof teen 200 celsius vir 40 minute tot hy nice en bruin is.
As jy wil fancy wees kan jy cherries ook bysit aan die einde. Cherries werk lekker in bacon opgerol ook.
Bedien saam met enige bygeregte. Ons was fokken lui en het rys en slaai bedien. Roasted aartappels werk befok.
IMG_0273

IMG_0274

IMG_0276

IMG_0277

Deel so bietjie...

    Anni Brand se spyskaart vir Krismis: Roast Tomato dip, pot roast lamb en gebliksemde pepper fillet

    OK, check – hierdie is die perfekte somerresep vir ‘n lekker krismis vir die van julle wat meer vir ‘n braai vibe wil gaan in plaas van ‘n kalkoen of iets anders. Die resep het alles van brood, vleis, slaai tot ‘n nagereg. Probeer bietjie hierdie kombo. Dit is moerse lekker!

    1.   Steek die vuur aan dat die kole reg is vir die twee braai rondtes.

    2.   Maak die voorgereg.

    Roast Tomato dip

    200g cherry tomatoes
    knippie sout en knippie peper
    2 lepel olyf olie
    Knippie suiker (1/4t)
    Balsamic reduction

    Oond 220 grade, bak die tamaties met die sout, peper en olyfolie vir so 30-35 min.
    Die skilletjies moet so bietjie bruin word en sag, en die sap en olie meng. Haal uit die oond, strooi die knippie suiker oor, gooi bietjie balsamic reduction oor (1t) en druk die tamaties fyn met ‘n vurk.
    Sit in ‘n bakkie en dis reg om saam met vars gebakte brood (sommer van Woolies af) te geniet.
    IMG_0287
    3.  Gooi die skaap in die pot

    Pot lamb roast

    600g ontbeende stuk skaapboud
    roosmaryn, sout en peper
    1 eetlepel olyfolie
    Swart plat pot

    Bruin die vleis in die pot op die vuur, saam met die roosmaryn en peper
    As altwee kante bruin is, gooi sout op, maak die pot toe en laat dit op die een kant van die vuur staan.
    Loer en draai so elke 10 min
    30-40 min
    Haal van vuur af – laat eenkant staan.
    (vir opskepdoeleindes, sny die skaap op, gebruik die aftreksel in die pot om gravy te maak op die stoof, voeg bietjie water (80ml) by en (3/4t) stock om ‘n sousie te maak) – tannie Ina Paarman het een wat werk, groente stock of beef stock. Of gebruik Bistro.
    IMG_03104.  Terwyl die skaap bietjie in die pot gesles – chop en spice gou paar goed in die kombuis

    Potato wedges

    6-8 medium aartappels
    2.5ml paprika poeier
    2 ml cayenne peper
    1/4t sout

    Oond op 200 grade
    Hou die aartappels droog, sny elke aartappel in vier skywe.
    Gooi in ovenbag, voeg al die droë spices by, skud en vryf dat al die aartappels bedek is.
    Ggooi die olyfolie by en vryf dat elke aartappel met bietjie olie gesmeer is.
    In die oond vir so 30min, haal uit en sny die sakkie oop. Roast verder vir so 10 min dat die aartappels bietjie crispy raak.
    IMG_0309
    Mushroomsous vir die fillet

    200g Portobello mushrooms
    halwe pot (125ml) Cream Fraiche
    15ml botter
    sout en peper

    Sny die mushrooms in lekker chuncky stukke, braai stadig in die botter. As dit sag is, gooi die cream Fraiche by asook die knippie sout en knippie peper.
    IMG_03115.  Onthou die skaap – gaan draai of gaan haal die pot van die vuur af!! ( maak nog bietjie kole warm vir die volgende)
    Gemengde groete ala quick-quick

    Koop vars klaar gesnyde groete
    wortels
    broccoli
    boontjies
    baby corn
    mange tout
    aspersies

    Stoom in ‘n pan/wok met ‘n klien halwe suurlemoen se sap, eetlepel water vir 5 – 7 min, vir ‘n paar minute, haal die deksel af, drizzel bietjie olyfolie, braai dit verder terwyl jy knippie sout byvoeg en knippie oregano.
    IMG_0312
    Gekookte beet & feta slaai
    Vars Basil blare, baby spinach, rocket, watercress
    Sny paar stukkies klaar gekookte beet (mens koop dit deesdae klaar gaar by Spar / Woolies)
    Feta kaas in blokkies

    Gooi bymekaar, bedien met Balsamic reduction as sous.
    IMG_03136.  Fillet vereis 100% aandag, jy wil dit nie opfok nie, so sorg dat al die ander goed klaar is voor jy die stukkie peper duur vleisie braai. En dan kan jy begin drink!

    Gebliksemde Fillet

    800g Beef Fillet
    20ml olyfolie
    60ml grof gemaalde swart peper
    *foil vir die rus tydperk

    Hierdie is ‘n lekker resep, maklik, frustrasie reliever en fokken lekker!

    Sit die fillet op ‘n houtplank en slaan dit met jou vuis aan al die kante. Hierdie is ‘n manier om die vleis sag te maak – moet nie ‘n vleishammer gebruik nie – jy gaan dit opfok!
    Rrol die vleis dan in die gemaalde peper tot heeltemal bedek.
    Gooi die olie oor.
    Gaan braai die vleis aan al die kante so 3-5 min en gooi sout op.
    Haal die fillet van die vuur af en draai dit in foil toe (blink kant binne) en laat rus vir so 7min.
    Ddie proses is dat die bloed in die vleis intrek en nog so bietjie gaarder word.
    Sit weg van die vuur in ‘n bak – dit moet nie nog hitte kry nie
    IMG_03087.  Dek tafel terwyl die saak rus…..merkte, gereed, vreet!!!
    IMG_0314
    8.  So terwyl almal gou bietjie beheer kry oor vol maagies maak die pudding – 7-10 min!

    Roomys en Grootmens Bar-One sous

    3 Bar-one’s (150g se bar’s)
    125ml room
    10ml whiskey

    Sny die Bar-One’s in klein stukkies. Gooi in ‘n potjie of pan, lae hitte, smelt die Bar-One en roer met die room stadig in.
    Smelt en roer tot die nougat van die Bar-One mooi gesmelt is.
    Gooi die whiskey by, roer, skep in sousbakkie.
    Eet dadelik saam met vanilla roomys.

    Pens in die lug – Lekker Krismis of enige ander Sondagete!

    Deel so bietjie...
      deur |December 23rd, 2013|Om te eet|0 Comments|

      Lie se Suid-Afrikaanse eggnog

      Suid Afrikaanse eggnog (my eie resep). Maak so 8 groot wynglase vol.

      Dis Suid-Afrikaans want ons drink dit koud omdat dit warm is hier in Desember. In die USA drink hulle dit kamertemperatuur en sit meer room in as melk. Dit maak dit baie ryk!

      Wat jy nodig het:
      1l volroom yskoue melk
      250ml koue room
      6 eiers (geskei)
      500ml brandy
      1 teelepel nutmeg
      6 eetlepels strooisuiker

      Alles in ‘n blender:
      Klits die eiergele en gooi 4 lepels strooisuiker by terwyl dit geklits word.
      Gooi die brandy geleidelik by en blend bietjie
      Gooi die melk en room by en blend goed.
      Gooi alles in ‘n punch bowl of ‘n groot jug
      Klits/klop die eierwitte appart met die orige 2 lepels strooisuiker – tot dit styf is.
      Vou dan die eierwit in die mengsel – meng dit goed sonder om te rof te wees anders gaan die eierwit platval en die eggnog gaan lopering wees in plaas van fluffy.

      Bedien in GROOT wynglase of koeldrankglase en sit chocolate of gekleurde sprinkles op – njammie!!

      As jy van die smaak van rum hou kan jy die brandy daarmee vervang of helfte brandy helfte rum gebruik– of selfs whisky maar dan is dit nie meer Suid-Afrikaans nie! jy kan ook voedselkleursel bygooi om dit meer festive te maak!

      eggnog

      Deel so bietjie...