kersfees

Sharon se lekker maklike glazed gammon vir Krismis

‘n Eenvoudige glazed gammon is een van die maklikste goed op aarde om vir Krismis te maak, plus dis fokken lekker. As jy manage om hierdie op te fok is jy ‘n special tipe van dom.

Wat jy nodig het:
Ontbeende, ongekookte gammon van omtrent 2.5kg1 ui in twee halwes gesny
cloves (as jy nie cloves like nie, los dit uit)
2 stokkies selery
water
50g botter
75g bruinsuiker
‘n eetlepel mosterd (nie fokken hotdog mosterd nie, iets oordentlik)

Sit die gammon in ‘n groot pot en vul op met koue water en laat dit kook
Sodra dit kook, drain die water uit, maak die pot skoon en maak weer vol met water.
Druk die cloves in die twee halwe uie in. Hy moet lyk soos ‘n porcupine. Bring alles tot op kookpunt, bring die hitte af en simmer hom vir so twee-en-‘n-half ure.
Haal die pot van die plaat af en  laat die gammon afkoel in sy sous.
As hy koud genoeg is, haal die vel af (net die vel, nie die hele fokken storie met die vet nie)
Sny nou diamant shapes oor die vet regoor die bokant.Smelt botter oor lae hitte en voeg die bruinsuiker en mosterd by. Meng alles tot dit lekker smooth is.
Smeer die mengsel met ‘n kwas oor die gammon. Jy kan cloves ook indruk as jy wil.
Druk die outjie in ‘n preheated stoof teen 200 celsius vir 40 minute tot hy nice en bruin is.
As jy wil fancy wees kan jy cherries ook bysit aan die einde. Cherries werk lekker in bacon opgerol ook.
Bedien saam met enige bygeregte. Ons was fokken lui en het rys en slaai bedien. Roasted aartappels werk befok.
IMG_0273

IMG_0274

IMG_0276

IMG_0277

Deel so bietjie...

    Zuma “Spear of The Nation” krismis hoender

    Ons drop oor die naweek nog ‘n hele paar resepte vir Krismis, so hang bal…

    Zuma is op die oomblik op ‘n fokken warm plek, so wat ‘n beter rede om dinge vir hom nog warmer te maak? Hierdie is ‘n lekker kersfeesresep en heel maklik om te maak. Baie mense gaan eerder vir hoender omdat kalkoen vir sommiges ‘n fokken mission is, so wat van ‘n hoender wat so bietjie opgezef is? Daar is ook so paar bykosse wat ons cover vir hierdie dish. Moerse basic: ertjies, mashed sweet potato & butternut en  grilled, ceamy lemon garlic en cheese mushrooms…

    Wat jy gaan nodig kry:
    ‘n Heel hoender
    een medium of kleinerige ui, geskil
    chicken spice
    lemon garlic spice
    botter
    butternut blokkies
    sweet potato blokkies
    cinamon
    etjies
    250g mushrooms (portobello mushrooms, daai groot plattes)
    crushed garlic
    cheddar kaas
    room
    lemon juice
    sout
    swart peper
    ‘n vienna
    virgin oil
    disposable chop sticks of kebakstokkies
    foelie
    ‘n foto van Jacob Zuma
    ‘n stortkop wat jy leen uit jou badkamer uit (opsioneel)

    Die hoender:
    Pre-heat oond tot 180
    Vat ‘n heel hoender en spice hom so bietjie met lemon & herb en chicken spice (Ina Paarman spice sal doen). Jy strooi dit net oor hoender.
    Druk ‘n ui in die Zuma hoender se hol op en draai die hoender heeltemal in foelie toe, maar gooi eers ‘n halwe koppie water by. Daar moet fokol uitsteek nie. Vir politiese redes moet die foelie se blink kant nie bo gehou word nie.
    Sit hom in die oond op 180 vir 90min lank.
    Terwyl zuma oor al sy sondes dink in die warm plek het jy tyd om die bygeregte te maak. Begin daarmee as daar so 40 minute oor is.

    Butternut & sweet pototo mash
    Jy kan self butternut en sweet potato in blokkies sny of McCains het van hierdie blokkies wat klaar in ‘n sak gemeng uitkom.
    Bliksem dit in ‘n mediumslag pot, gooi ‘n halwe teelepel sout by en kook tot dit sag genoeg is om te mash met ‘n masher of ‘n vurk. Jy kan elke nou en dan die goed met ‘n mes jab om te kyk of dit reg is. Dit moenie ‘n pap gemors wees nie. Onthou, dit kook vinniger met ‘n deksel op. Verwyder van stoofplaat, moer die water uit deur ‘n frigitis en mash dit in die pot. Jy kan ‘n klein stukkie botter bysit terwyl jy mash en so splash room of melk as jy wil. Dit moet lekker fluffy wees.
    Gooi so paar teelepels suiker en so bietjie cinnamon by en meng alles weer. Hou aan proe en stadig suiker en kaneel byvoeg tot jy skiem dit proe befok.
    Die ander option natuurlik is om die sweet potato en aartappelblokkies net so in ‘n roasting pan in die oond te sit tot dit lekker bruin is. Jou keuse.

    Ertjies
    Kook ‘n lekker pot vol ertjies (onthou so teelepel sout ook). Hier is ‘n tip: as jy die water verwyder, gooi so klein bietjie botter en Aromat oor die ertjies in die pot en maak hom vinnig wakker. Dis fokken lekker.
    zuma-spear-of-the-nation-ertjies-en-mash
    Grilled, ceamy lemon garlic en cheese mushrooms
    Gooi twee eetlepels botter, ‘n teelepel lemon juice en ‘n teelepel crushed garlic in ‘n koppie en smelt die botter in die microwave (omtrent 30 sekondes, moenie laat die goed die hele microwave vol fokken spat nie)
    Plaas die mushrooms in ‘n glasbak en skep so teelepel van die lemon garlic botter oor elkeen van die mushrooms uit.
    Daar behoort so 8 of 9 te wees en dit sal net genoeg wees, andersinns adjust maar die hoeveelhede. Onthou om die mushrooms eers af te spoel. Ek weet nie hoekom mens dit moet doen nie, maar my goose kak my altyd uit as ek dit nie doen nie.
    Skep nou ‘n teelepel room uit oor elke mushroom.
    Tune so bietjie swart peper oor die outjies.
    Teen hierdie tyd chill Zuma nou al die oond vir so 40 minute lank, so skuif hom op en sit die mushrooms langs hom in die oond vir so tien minute lank.
    Rasper in die meantime genoeg cheddarkaas op oor die mushrooms uit te bliksem. Jy kan nog swart peper bo-oor die kaas tune as jy wil.
    zuma-spear-of-the-nation-mushrooms
    Terug by die hoender:
    As die uur-en-‘n-half verby is, haal Zuma uit die oond uit, maak die foelie oop en check met ‘n skerp mes in die dikste deel van hoender of dit gaar is. Jy moenie pienk of bloed sien nie, anders is dit weer terug tjoekie toe met hom tot hy gaar is (in die foelie, weer toegedraai) – sommige oonde verskil.
    Die ironie is nou dat jy vir Zuma vol virgin oil moet smeer.
    Jy kan weer spice ook as jy wil.
    Maak vir hom ‘n onderbroek met foelie.
    Sit die oond op grill en sit Zuma terug in die oond in ‘n bak saam met al die juices van die foelie. Sit die bak met die mushrooms ook in en grill dit vir so 15 minute. Jy check, ons gee vir hom ‘n onderbroek tan.
    As die hoender mooi bruin is, verwyder die onderbroek.
    Jy kan ook die ui uit sy hol uithaal. Dit behoort lekker sag gekook te wees.
    Druk ‘n vienna in waar die ui uitgekom het. Hy moet lekker uitsteek aan die onderkant. Dis die “Spear Of The Nation”.
    Plak Zuma se gevreet wat jy uitgeprint en uitgesny het vas op twee kebakstokkies en gee vir jou hoender ‘n kop. Hehe, honderkop… Finish jou presentation af met ‘n stortkop.
    As jy nie ‘n Zuma foto het nie, gebruik hierdie een (lees verder, ons is nog nie klaar nie):
    zuma-spear-of-the-nation-hoender-1
    Sit alles voor vir jou familie of vriende wat kom kuier vir Krismis. Julle kan tjieng-tjong-tja speel en die verloorder kry die vienna op sy bord. Goeie tye!
    Vir die chicks kan jy ‘n rosé voorsit of soda bygooi om dit ‘n spritzer te maak. Hill & Dale het ‘n fokken lekker rosé en dis cheap by Spar.
    Die dudes kan elkeen ‘n dubbel brannas en Stoney kry, of check hierso vir ons resepte vir Turbo floats en Souff Efrican Eggnog.

    Stuur gerus ‘n foto in as jy dalk hierdie resep gegooi het.
    Merrie-fokken-krismis!
    zuma-spear-of-the-nation-hoender-klaar

    Deel so bietjie...
      deur |December 20th, 2013|Om te eet|0 Comments|