Onlangs met ons USA trip was ons in Lynchburg en het nie juis ‘n kombuis gehad om mee te werk op die omie se plaas nie. Ons kon seker sy kombuis gebruik het in die huis (ons het buite in RVs geslaap), maar ons wou nie impose nie – toe maak ons sommer ‘n brekfis op die braai vir so veertien mense.

Heel maklik – maak foeilie bakkies, looi so bietjie botter in die outies, gooi sout en peper by en moer mushrooms by. Breek twee eiers in elke bakkie en seal hom met ‘n lekker stuk kaas. Dit werk veral befok as jou braai ‘n lid het wat kan toemaak, andersins kan jy seker net die foelie toevou as jy wil…

Check die vinnige video uit:

Deel so bietjie...