biltong

Die Jakes Babbelaas Buster Omelet

Wees babbelaas se Baas

Moenie ’n lunsriem of ’n Jannie-jammergat wees en na jou naaste Wimpy toe sluip as jy die vorige aand te veel gedrink het nie. Man up en veg terug met jou eie medisyne met hierdie omeletresep wat verfyn is na jare se toegewyde drink.

Wees nou maar eerlik, nes jy nooit na ’n rokerige kroeg gaan om gebliksem te word nie, begin jy ook nooit drink met die idee om die volgende oggend baie kak te voel nie.

En tog gebeur dit meer kere as wat jy sou wou verkies. Deur die jare het jy seker al soort van vrede gemaak hiermee. Wel, daar is goeie nuus: As jy hierdie omelet – die Jakes Babbelaas Buster Omelet* – eet, sal jou krag vinniger herstel as Hugh Hefner se zaber na ’n handvol Viagras.

Die geheim lê in die biltong. En ’n paar ander klein dingetjies. Kom, laat ons jou wys hoe.

Jy het nodig:
’n Pan met ’n deksel
Twee groot eiers.
Gekerfde beesbiltong
Cheddar-kaas (Gouda is vir ouens met ponytails wat nog by hulle ouers bly en heeldag gaming doen).
Tamatieskywe
Italiaanse kruie (Robertson se Italian Herbs werk goed)
Bovril, Oxo of Marmite (opsioneel)

IMG_2252
Só maak jy:

1.    Braai die gekerfde biltong in ’n pan. Beesbiltong werk lekker, maar enige biltong sal die trick doen. Wanneer jy die beesbiltong braai, ontsluit dit ’n lekker geurtjie. Die woord “ontsluit’’ is baie prentsieus, maar dit beïndruk chicks so die doel heilig die middele.
IMG_22562.    Neem die twee eiers en skei die gele en die eierwit. As jy dit nie kan uitfigure nie… gaan bêre jou karsleutels, handig jou braaitang in by jou plaaslike polisiestasie en gee jou powertools vir die meisie langsaan, want jy’s ’n spastiese fokken moroon. En bly weg uit die kombuis!
Klits nou die eierwit apart totdat dit lekker skuim. As dit klaar is, gooi jy die eiergele by en klits vir nog ’n rukkie totdat dit goed gemeng is. Wanneer jy die eierwit apart klits, het jy ’n meer “fluffy’’ en pofferige eiermengsel – en uiteindelik omelet. Doen dit en sê agterna dankie vir Wateetjy.
IMG_22543.    Gooi die gebraaide biltong in die geklitsde eiermengsel en gooi dan die hele spulletjie in die warm pan. Sorg dat die hitte laag is, anders gaan die omelet brand. Sit dadelik die deksel op sodat die hitte die omelet ook van bo af kan gaarstoom.
Dis een van die geheime van dié omelet: Die biltong is ín die eier, nie bo-op nie. Die Spanjaarde maak ’n soortgelyke gereg wat hulle Tortilla de Patatas noem. Hulle gooi allerhande goed in die eier, van ham tot aartappels.
IMG_22584.    Na ’n minuut of so haal jy die deksel af, pak die tamatie op die omelet, gooi gerasperde cheddar bo-oor, “sprinkel” (chicks is mal oor sulke woorde) die Italian Herbs bo-op en sit die deksel vinnig terug.
IMG_22605.    Na ’n minuut of twee sal die kaas mooi gesmelt wees. Gebruik jou gesonde verstand – as die eiermengsel nog rou lyk, is dit omdat dit, wel, nog nie gaar is nie. Wag dan nog ’n minuut of twee en kyk of dit gaar is. Die deksel bo-op sal help dat die eier gelyk van bo en onder af gaar word.
6.    Staan terug soos ’n legende, maak oop die deksel en skep die omelet uit met ’n spaan. Probeer om dit nie op die vloer te laat val nie, want jy gaan soos ’n poephol voel.
IMG_2262Next level stuff:
As jy Bovril, Oxo of selfs Marmite het, kan jy dit bo-op die omelet smeer vir daai ekstra vleis- en soutsmaak. Dis goed vir jou babbelaas. Eksperimenteer met hoeveel daarvan genoeg is, want te veel is ook nie slim nie. Altans, nie so fokken slim soos jy die vorige aand was nie.
IMG_2264*Vernoem na Jaco Kirsten, skepper van dié omelet. Hy het al in meer plekke in die wêreld gedrink as die meeste sterflinge. Van onder in Argentinië, deur Peru tot bo in die Rockies in Montana in die VSA, verby Reykjavik in Ysland, teen die Noordpoolsirkel in Swede, af deur Engeland waar hy vir ’n ruk gewoon en werk het, regdeur Nederland, Frankryk, Spanje, Duitsland, Italië, Slowenië en Kroasië, tot in Maleisië en Singapoer, totdat hy in Australië uitgekom het. Sy ergste hangovers was egter as ’n student in Potchefstroom.

Deel so bietjie...

    Lisa se biltong gnocchi

    Vinnig, maklik en moerse lekker!

    Braai ‘n bietjie biltong in ‘n pan met olyfolie en vars rosemary en garlic.
    Maak ‘n witsous (van scratch – geen pakkie-sop kak nie) en smelt bietjie bloukaas in.
    Meanwhile, kook ‘n pakkie gnocchi in soutwater – dis gaar as die gnocchi boontoe dryf in die pot.
    Meng die biltong en bloukaassous en roer deur gekookte gnocchi. (As jy ‘n masterchef is kan jy jou eie gnocchi maak.) Sprinkel bietjie parmesan oor en maak ‘n bottel sauvignon blanc oop.

    Deel so bietjie...

      Griff se basic resep vir billies vir almal, orals, vandag, more.

      biltong 3Biltong is ‘n funny dier. Dit lyk soos kak, maar proe nogal oraait. Maar dit ruik nogal kak as jy te veel gevreet het en heeltyd poep. Dit laat chicks en mamma se seuntjies in Londen huil en huis toe verlang. Net soos Marmite en Mrs Balls. Persoonlik dink ek daai mense is net fokken simpel en kort PK’s. Hierie is vir my ‘n eerste gewees. Ek het nog nooit in my lewe biltong gemaak nie, totdat ek in Rrrtgerië opgeeindig het.

      Dis actually moerse fokken basic en het my laat dink dat die Boere wat so kaalvoet op aaptwak rondgehardloop het oor die berge en veediewe gejag het nie sulke rocket scientists was soos wat party aweregse klipkoppe vandag nog voorgee nie. Skiet dier. Hang vleis. Hang bal. Eet. You get the picture. Nietemin, hier volg grifF se keurige basic resep vir billies soos hy hom geleer maak het by Uncle Egghead.

      Daar is ‘n so paar bestanddele en ons draf gou deur hulle met ‘n paar sweterige Puma breakdance tekkies: Vleis: Fokken obvious. Maak nie saak watse vleis dit is nie. Daar word vir ons vertel dat die vleis wat ons hier eet bees fillet is. Dit is tien teen een nie. Dis seker bok of iets. Mens glo maar net sulke mense, want as die vleis rooi is en dit ruik nie soos jou voete of jou voorvel nie, is die saak pers (pers beteken reg, soos in: My saak is pers met die Skepper).

      O ja, en moenie fokken brag oor jy al baber of volstruisbiltong gevreet het nie. Hoiti-toiti-fokken-hoiti. Niemand gee om nie. Daar is chicks op die Internet wat al erger dinge in hulle monde gehad het as jou patetiese eksotiese volstruisbiltong. Jy moet nou jou wiskunde watch, want ek gaan werk met 2kg fillet. Al die hoeveelhede hieso moet jy maar maal en deel volgens jou behoefte. As skommies een van jou behoeftes is, moet dit asseblief nie deel nie. Bêre daai ding.

      Asyn: Doodgewone wit asyn wat jy in jou baadjie se binnesak druk in Spar as jy net geld vir skywe het. Vir 2kg het jy minder as ‘n halwe glas vinegar nodig, so jy kan by die buurtannie gaan leen as jy nie zak het nie en jy like nie van shoplift nie. Actually as jy nie zak het vir vinegar nie, sal jy ook nie zak hê vir vleis nie, so jy sal dalk ‘n fillet voor in jou broek ook moet indruk as jy uitmaak van steel. Of maybe vir die buurtannie met ‘n leepoog en ‘n bewestemmetjie vra vir die vleis ook as jy ‘n goodie-two-shoes is.

      Spices: Vir spices het jy die basics nodig: 2 hande vol sout, ‘n hand vol swart gemaalde peper en koriander na smaak. Ek like hierdie laaste deel – na smaak. Dit klink fancy. “Die spietkop het die motoris na smaak gepoes toe hy hom eventually aftrek.” Ek verloor nou die punt… O ja soos ek gesê het 2 hande vol sout en ‘n handvol peper. Maak seker dat jy al die sout en peper afvryf en dat dit nie vassit op daai hare in jou handpalms nie. O ja fok, jy het ook twee glase water nodig. Jy bliksem 6 eetlepels vinegar in die water om dit te verdun. Die asyn te verdun, nie die water nie, jou blerrie fool. Ons gaan assume dat jy twee 1kg stukke fillet het. Dit gaan opgesny word, maar jy kan eers bietjie fun hê. As niemand by is nie, gebruik dit vir shadow Mortal Kombat fighting asof jy twee ninjastokke het. Dit kick serious ass vir ‘n rukkie tot jy jouself in die pere raakmoer of die bure jou betrap.

      Raait, moving swiftly along. Sny elkeen op in repe van omtrent tien stukke vleis. Jy kan dit in meer stukke sny, maar die tien stukke waarvan ek hier praat is jou standaard Villeria slaghuis size top tipe biltong. Moer alles in ‘n bak. Alles. Dit beteken jy het die sout, peper, asyn water en koriander (na smaak – hehe) gemeng en nou bliksem jy alles bo-oor die vleis in ‘n bak. Cover dit met ouma se doilie as jy wil, jy wil nie he die vlieë moet op jou potensiële sukses kak nie (jy gaan mos nou daai stalletjie oopmaak in Hatfield – Billie’s Bites). Los die hele gedoente vir so ses tot agt ure laat alles lekker insoak. Dit gee jou genoeg tyd om die ander buurtannie te gaan brand op die oom se lessenaar in hulle studeerkamer. Maak seker jy steel daai boksie paperclips daar langs die familiefoto…

      biltong 1Raait, na jy terug is van jou uitstappie by die bure het jy klaar gestort en gehuil en die biltong is reg om opgehang te word. Sien jy nou waarvoor die paperclips was? Slim plan gewees, nê? Jy kan ook bloudraad probeer, maar buig verkieslik jou biltong hakies as daar ‘n chick is om jou te bewonder. Trek ook sommer jou hemp uit as jy dit doen, jou fokken yster. Hang die biltong sommer in die badkamer aan vislyn op wat jy iewers span (maybe tussen die diefwering en die stortkop of iets). Sien die foto hieso saam met die resep om ‘n idee te kry. Nee, dis nie my Bear onnebroek nie en nee, ek weet nie wie s’n dit is nie. Dit sal jou droogkamer wees vir die volgende week en ‘n half. Ek moet ook beklemtoon dat jy dit slegs doen as jy twee of meer badkamers het. Mens kak nie waar jy eet nie. Jy kan wel lees waar jy kak. Dit vat die aandag af as die groot bere kom kuier.

      biltong 2Daar het jy dit nou. Lekker basic billies. Nou kan jy raggas met vertroue kyk saam met jou tjomme terwyl hulle jou biltong tand en progressief dronker word op rum en Castle. Jy is fokken main! Twee vinnige wenke vir vegetarians en humaniste: Vegetariërs en humaniste kan presies dieselfde resep vir biltong gebruik. Vegetariërs kan die vleis vervang met een of ander vrugte of groente. Daarso, nou het jy skiltong. Humaniste volg ook dieselfde resep vir biltong, maar in plaas van diere gebruik hulle humans. Die tril is veral sag. Mooi so, eet nou jou triltong saam met koffie en beskuit…

      Deel so bietjie...
        deur |December 1st, 2013|Om te eet|0 Comments|