Pampoentert

Deur Marilize ingestuur

Heerlik as bykos wanneer jy braai – bedien warm in winter en koud in somer!

Wat jy nodig het:
• 500 gram Butternut geskil, in blokke gesny
• 3 Eiers
• 180 mil koekmeel
• 125 mil suiker
• knippie sout
• 375 mil melk
• Cinnamon sugar, vir garnish

Voorverhit oond tot 180C Stoom en mash butternut. Klits eiers en ander bestanddele en meng goed met butternut (ek doen alles met hand-blender om klonte uit te haal!). Gooi mengsel in oond-vaste bak en strooi cinnamon sugar oor Bak vir 30 – 40 min (tot tert gestol het)

Deel so bietjie...

    Grobbies se Beesstert-tagine

    Met Johannesburg wat deesdae soos ’n waterpark op die Oosrand lyk, is dit maar moeilik om enigiets in die buitelug te geniet, tensy jy dit dik smaak om vir die mense by die versekeringsmaatskappy te probeer verduidelik hoekom jy geskiem het dis ’n kiefpiele idee om met jou Ford Ka deur ’n vloed van twee meter hoog te ry.

    Die afgelope naweek wou ek ’n beesstertjie of wat in die pot gooi, maar ná al die reën is droë braaihout skaarser as common sense by Eskom. Toe skiem ek ek gaan vir hom tagine. Kyk, ’n tagine is so ’n fênsie pot met ’n dome-agtige deksel wat jy op die stoof of in die oond kan gebruik. Hy lyk amper soos Noddy se hoedjie. Terloops, weet jy hoekom Noddy ’n klokkie op sy hoed het? Want hy’s ’n poes. tagineAnyway, as jy nie ’n tagine het nie, kan jy sommer ’n gewone casserole-pot gebruik. Hier is wat jy alles gaan nodig kry vir so 4 mense:

    Wat jy nodig het:
    Beesstert – so 1,5 – 2 kg
    Olyfolie
    Vars roosmaryn en tiemie, fyngekap – so handvol
    So 3 teelepels vars gekapte knoffel
    1 – 2 rooiuie
    Port of rooiwyn – 1 koppie
    Beesaftreksel – so 1 koppie
    Vars room – 250 ml
    Blatjang – 3 eetlepels
    Bruinsampioene
    Sout en swartpeper

    Op ’n warm stoof-/gasplaat, kry die olie lekker warm en braai die vleis lekker bruin. Haal dit uit en braai die uie en knoffel in die vleis se sappe vir so 5 minute. Sit dan weer die vleis by. Nou moet die port bykom. Ek is seker iemand het al vir jou ’n bottel port present gegee op ’n kol, maar as jou vriende te common is kan jy maar rooiwyn ook gooi. Probeer ten minste iets ordentliks in die hande kry. Johannisberger Red-dooswyn is nie die ticket nie. Saam met die port/wyn kan jy so bietjie aftreksel bygooi, sodat die vleis mooi bedek is. Gooi sout en swartpeper en die vars kruie by en kry die hele spulletjie aan die kook. Nou wat die oom nou gaan sê is baie belangrik, outjies: Sodra die vloeistof lekker borrel, VERLAAG die plaat se hitte. Hy moet net-net prut. Sit die deksel op en gaan kyk so paar episodes Breaking Bad. Jy kan so ses deurwerk. Want hy moet LANK kook, pappie. En moenie elke 10 minute die deksel gaan lig om te check wat aangaan nie. Los die ding. Solank jy nie brand ruik nie, is alles klopdisselboom. Jirre, wat ’n lekker woord. Na so 3-4 uur kan jy die deksel lig, die room en blatjang en sampioene bymoer en die deksel toemaak vir nog so 2 uur. Check, die vleis moet so sag wees dat dit van die bene afbliksem. Dán is hy reg. Gooi weer so bietjie sout en peper en vreet vir hom saam met mash of rys of selfs vars brood. Hy is so lekker, jy gaan sommer jou tjommies se vingers wil aflek.
    beestert

    Deel so bietjie...

      ‘n Vinnige vars forel

      Vis moenie een vaan daai intimidating disse wees om gaar te maak nie, veral nie vars vis nie. Dis eintlik fokken maklik, veral as dit by varswater forel (trout) kom. Ons het hierdie outjie vir die eerste keer ooit probeer en hy’t moerse lekker uitgekom. Dis pismaklik.

      Wat jy gaan nodig kry:

      ‘n vriend met ‘n visstok wat kan visvang
      ‘n forel wat bogenoemde vriend gevang het
      botter
      rooi peper
      thyme
      sout
      foelie
      suurlemoen of ‘n lime
      sout
      swart peper

      Hopelik het jou tjommie wat die vis gevang het reeds die binnegoed en kak uitgehaal, andersins moet jy dit self doen. Kap die vis se kop en stert af en bliksem dit weg. Andersins kan jy dit in ‘n klein potjie kook en deur ‘n sif uitgooi en die ekstrak oor jou Rottweilers se pellets gooi vir aandete. Hulle gaan aapkak daarvoor en boonop is dit gesond.

      Vars-forel-1
      Vars-forelSny ‘n hele paar blokkies botter op, plaas die vis op ‘n vel foelie en pak die botter eweredig uit in die vis se pens.
      Strooi so bietjie swart peper en sout oor dit uit en squeeze ‘n halwe suurlemoen uit bo-oor dit
      Fok, jy moes eintlik die oond aangesit het om te pre-heat op 180. Doen dit ook gou.
      Vars-forel-2Vou die vis toe en sit nog so paar blokkies botter op die buitekant ook.
      Looi hom met so bietjie rooi peper na smaak en sprinkel thyme ook oor
      Draai jou vissie nou soos ‘n babatjie toe in die foelie en druk hom in die oond vir 15 minute
      Niemand like vis wat droog is nie, so moet hom nie vir langer as 15 minute in die oond los nie.
      Sondra jy jy hom uithaal en los vir so 5 minute, sal hy nog verder gaarder stoom in sy eie juices.
      Die vis se ruggraat kan nou ook maklik met een smooth move uitgetrek word
      Tand dit saam met rys, of vreet hom om ‘n stukkie toast of twee
      Een trout behoort 4 mense te voer, andersins een ongeskikte vraat. Try hom en laat ons weet. Onthou om sout by te gooi ook. Eerder aan die einde op elke porsie as aan die begin.
      Vars-forel-4

       

      Deel so bietjie...
        deur |March 6th, 2014|Om te eet|0 Comments|

        Christo se next level bobotie – in ‘n pampoen!

        Hierdie is nogal ‘n luukse outjie, veral vir dié van julle wat bobotie smaak. Check, dit word in ‘n pampoen gedoen, sommer op jou Weber.


        Bobotie

        1 kg Maalvleis (as jy lewer gebruik meng 4 eetlepels asyn by die lewer. Dit hoef ook nie vooraf gebraai te word nie, jy kan die rou mengesl in die pot sit)
        1 Gerasperde ui
        2 (+-) huisies knoffel
        2 Snye brood
        250-375 ml Melk
        3 Eiers
        2.5 ml Gemmer (vars)
        60 ml Amandels
        2 Eetlepels kerrie
        2 Teelepels suiker
        Sout en Peper
        125 ml Blatjang
        125 ml Rosyne
        Suurlemoensap
        2 Lourierblare

        • Smeer ‘n oondskottel of kry die pampoen reg
        • Gebruik n koppie melk met 1 geklitsde eier en laat die brood daarin le
        7 week brood in melk en n eier• Braai die uie, knoffel en gemmer en hou dit eenkant
        8 braai uie knoffel gemmer en drink bier uit laarnie glas• Braai die vleis en hou eenkant (die lewer hoef nie gebraai te word nie)
        • Meng die vleis, een eier, sout, lourierblare, blatjang, suurlemoensap, amandels en rosyne  en die brood melk en eier saam. Plaas in sit gesmeerde oondbak (of pampoenpot)
        9 gooi die vleis, goeters by• Meng die eier en die ander melk en giet oor die vleis
        10 gooi brood by vleis• Bak teen 180 grade vir 30-40 min tot goudbruin (bak die rou lewer bietjie langer, tot dit verm is) as jy dit in die pampoen doen, tot die pampoen sag is as jy die met jou duim druk
        • Bedien met Geelrys, klapper, blatjang en piesang

        Geelrys:

        1 Koppie Rys
        2,5 koppies water
        ½ Teelepel Sout
        1 eetlepel botter
        1 eetlepel suiker
        n hand vol rosyne
        2 stokkies kaneel

        • Meng alles en kook totdat dit reg is

        Pampoenpot:
        • Vat n kleinerige Pampoen – daai wat so effens blouerig is en en meer regop as die plat wit boerpampoen
        • Sny n deksel in en krap die pitte uit.
        3 sny deksel4 haal pitte uit• Krap dan van die “vlees” van die pampoen uit, sodat hy nêrens dikker as so ongeveer 2-3cm is nie. Sny sommer die dekseltjie ook dunner.
        5 sny van die pampoenvleis uit6 tot daa so 2 cm dik skil oor is• Vat die uitgesnyde vlees en maak pampoenkoekies daarvan, of sop of iets anders wat kan dien as ‘n voorgereg.
        • Sit dan die bobotiemengsel hierin, giet die eier en melk mensel bo-op, sit die pampoen-dekseltjie op en bak – of in n weber (lekkerste!) of in die oond teen so 180grade.
        14 skink bo op vleis 16 sit in weber met deksel eenkant 17 as die pampoen sag is is hy gaar 18 sit dekseltjie op en eet• Dit vat gewoonlik so 1 en n kwart uur, maar dit is gewoonlik reg as jy met jou vinger so ‘n duik in die kant van die pampoen kan druk: as hy lekker sag is dan is die hele storie ontrent klaar. Jy kan dan die pampoendekseltjie ook afhaal sodat daai geel skilletjie bo-op die bobotie so bietjie van n “Tan” kan kry (afhangende van hoe jou kole nou nog lyk.
        • Afhangende van die hoeveelheid mense, kan jy die klaar gaar rys in die onderkant van die pampoen pak, met die bobotie mengsel bo-in, of net bobotie in die pampoen met die rys apart in die pot.

        Vir Variasie het ek die geelrys vervan met Quinoa of met growwe pap

        Deel so bietjie...

          Die Jakes Babbelaas Buster Omelet

          Wees babbelaas se Baas

          Moenie ’n lunsriem of ’n Jannie-jammergat wees en na jou naaste Wimpy toe sluip as jy die vorige aand te veel gedrink het nie. Man up en veg terug met jou eie medisyne met hierdie omeletresep wat verfyn is na jare se toegewyde drink.

          Wees nou maar eerlik, nes jy nooit na ’n rokerige kroeg gaan om gebliksem te word nie, begin jy ook nooit drink met die idee om die volgende oggend baie kak te voel nie.

          En tog gebeur dit meer kere as wat jy sou wou verkies. Deur die jare het jy seker al soort van vrede gemaak hiermee. Wel, daar is goeie nuus: As jy hierdie omelet – die Jakes Babbelaas Buster Omelet* – eet, sal jou krag vinniger herstel as Hugh Hefner se zaber na ’n handvol Viagras.

          Die geheim lê in die biltong. En ’n paar ander klein dingetjies. Kom, laat ons jou wys hoe.

          Jy het nodig:
          ’n Pan met ’n deksel
          Twee groot eiers.
          Gekerfde beesbiltong
          Cheddar-kaas (Gouda is vir ouens met ponytails wat nog by hulle ouers bly en heeldag gaming doen).
          Tamatieskywe
          Italiaanse kruie (Robertson se Italian Herbs werk goed)
          Bovril, Oxo of Marmite (opsioneel)

          IMG_2252
          Só maak jy:

          1.    Braai die gekerfde biltong in ’n pan. Beesbiltong werk lekker, maar enige biltong sal die trick doen. Wanneer jy die beesbiltong braai, ontsluit dit ’n lekker geurtjie. Die woord “ontsluit’’ is baie prentsieus, maar dit beïndruk chicks so die doel heilig die middele.
          IMG_22562.    Neem die twee eiers en skei die gele en die eierwit. As jy dit nie kan uitfigure nie… gaan bêre jou karsleutels, handig jou braaitang in by jou plaaslike polisiestasie en gee jou powertools vir die meisie langsaan, want jy’s ’n spastiese fokken moroon. En bly weg uit die kombuis!
          Klits nou die eierwit apart totdat dit lekker skuim. As dit klaar is, gooi jy die eiergele by en klits vir nog ’n rukkie totdat dit goed gemeng is. Wanneer jy die eierwit apart klits, het jy ’n meer “fluffy’’ en pofferige eiermengsel – en uiteindelik omelet. Doen dit en sê agterna dankie vir Wateetjy.
          IMG_22543.    Gooi die gebraaide biltong in die geklitsde eiermengsel en gooi dan die hele spulletjie in die warm pan. Sorg dat die hitte laag is, anders gaan die omelet brand. Sit dadelik die deksel op sodat die hitte die omelet ook van bo af kan gaarstoom.
          Dis een van die geheime van dié omelet: Die biltong is ín die eier, nie bo-op nie. Die Spanjaarde maak ’n soortgelyke gereg wat hulle Tortilla de Patatas noem. Hulle gooi allerhande goed in die eier, van ham tot aartappels.
          IMG_22584.    Na ’n minuut of so haal jy die deksel af, pak die tamatie op die omelet, gooi gerasperde cheddar bo-oor, “sprinkel” (chicks is mal oor sulke woorde) die Italian Herbs bo-op en sit die deksel vinnig terug.
          IMG_22605.    Na ’n minuut of twee sal die kaas mooi gesmelt wees. Gebruik jou gesonde verstand – as die eiermengsel nog rou lyk, is dit omdat dit, wel, nog nie gaar is nie. Wag dan nog ’n minuut of twee en kyk of dit gaar is. Die deksel bo-op sal help dat die eier gelyk van bo en onder af gaar word.
          6.    Staan terug soos ’n legende, maak oop die deksel en skep die omelet uit met ’n spaan. Probeer om dit nie op die vloer te laat val nie, want jy gaan soos ’n poephol voel.
          IMG_2262Next level stuff:
          As jy Bovril, Oxo of selfs Marmite het, kan jy dit bo-op die omelet smeer vir daai ekstra vleis- en soutsmaak. Dis goed vir jou babbelaas. Eksperimenteer met hoeveel daarvan genoeg is, want te veel is ook nie slim nie. Altans, nie so fokken slim soos jy die vorige aand was nie.
          IMG_2264*Vernoem na Jaco Kirsten, skepper van dié omelet. Hy het al in meer plekke in die wêreld gedrink as die meeste sterflinge. Van onder in Argentinië, deur Peru tot bo in die Rockies in Montana in die VSA, verby Reykjavik in Ysland, teen die Noordpoolsirkel in Swede, af deur Engeland waar hy vir ’n ruk gewoon en werk het, regdeur Nederland, Frankryk, Spanje, Duitsland, Italië, Slowenië en Kroasië, tot in Maleisië en Singapoer, totdat hy in Australië uitgekom het. Sy ergste hangovers was egter as ’n student in Potchefstroom.

          Deel so bietjie...