Kerrie – dis fokken kinderspeletjies.

Kerrie is fokken goed vir jou gestel en dis ‘n easy, cheap meal om in die winter te tand. Dis goed vir sirkulasie, gee jou meer energie en boost jou imuunsisteem. Dit help blykbaar ook vir Old Timer’s disease, maar as jy te veel wyn saam met jou dinner aflsuk, gaan jy moontlik die volgende dag vergeet hoekom jy so lekker kak.

Hierdie is ‘n doodeenvoudige kerrie mince resep. Jy kan dit saam met rys tand of sommer gebruik as ‘n vetkoek of jaffle filling. Jirre, wanneer laas het jy jaffle gevreet?

Wat jy gaan nodig kry:
1 teelepel garlic
1 groot ui of 2 kleintjies
1 teelepel bruinsuiker
1 teelepel tomato paste
1 aartappel, opgesny in blokkies
1 wortel in klein ringetjies opgesny
2 teelepels kerriepoeier
2 eetlepels chutney (Mevrou Ballas sal doen)
2 teelepels Worcestersous
so bietjie botter
1 tamatie of 5 cherry tomatoes
1 bay leaf
2 teelepels wit asyn
2 eiers

curry-1Dis die beste is om sommer ‘n medium pot te gebruik in plaas daarvan om met ‘n pan rond te fok.
Tune so bietjie botter en braai die garlic en uie daarin. Roer die bruinsuiker by en gooi dan die mince in en krap dit rond in die pot tot dit begin bruinerig word.
Jy kan so bietjie sout en peper ook sprinkel. Sout en peper is altyd ‘n befokte idee op enige iets, behalwe jou private parts.
Roer nou die vingegar, chutney, Worcestersous, en tomato paste paste in.
Sny 1 tamatie of 5 cherry tamaties op en roer by die storie.
Tyd vir die blokkies aartappel en carrots om ook saam te party. Moer hulle in.
Strooi 2 teelepels kerriepoeier oor die gedoende en roer in.
As jy dalk Jack Parow chili sous het, doos sommer ‘n teelepel daarvan ook in. Dieselfde geld vir apricot jam, as jy het.
Sit die bay leaf bo-op, sit die deksel op die pot en simmer jou brousel vir so 30 minute. As die storie vir jou nie nat genoeg lyk nie kan jy so kwart koppie water inroer ook.
curry-3Nou check, in die ingredients tune dit twee eiers ook. Mense kan heavy funny raak oor eiers, so dis ‘n optional maar dit werk befok:
Kook twee eiers tot hulle hard is. Net voor jy opskep, sny jy die gekookte iers in so paar disks en roer dit in by die kerrie mince. Ek weet nie of dit ‘n state secret is nie, maar dis iets wat ek noudiedag ontdek het en nou voel ek verskriklik fokken aangedaan.
curry-4En as jy nou nog ‘n befokte tip soek: Kry vir jou een van hierdie outjies. Dit maak dinge net soveel makliker en jy hoef nie sukkel met fokken potte en water en stophorlosies en kak nie.  Click sommer op die foto as jy een wil shop.
egg cooker egg boiler

Deel so bietjie...
    deur |May 22nd, 2014|Om te eet|0 Comments|

    Francois se Escargot alla pap

    Vang vir Slakzilla.
    Sit hom in ‘n tupperware bak en kit hom uit met mielliemeel, vars kruie en die bure se tooipom. Na 3 dae lê hom vir ‘n aand in Castle lite. Al daai chemiese kak sal hom eers dood, dan sag maak.
    Sny in skywe, braai in botter met vars tiemmie.

    Nooi die vier grootste dose wat jy ken en bedien saam met pap as bosveldperlemoen.
    slak

    Deel so bietjie...

      Armgat aandete met oondgebakte wors vir twee

      OK, dis darem nie net wors nie. Dit sal bietjie grim wees. Ons gooi darem bietjie aartappeltjies, rys en sous ook in die mix. Jy het seker twee artappels en ‘n koppie rys at least, huh? Hierdie is nie brain surgery nie, maar jy sal verbaas wees hoeveel mense daarbuite is wat nie eers water kan kook nie. Helen Zille is een van daai mense…

      Wat jou nodig het
      Halwe kilogram wors
      2 aartappels
      so bietjie botter
      1 ui
      Steak & chops spice
      rys

      Pre-heat jou oond op 190.
      Smelt bietjie botter in ‘n oondpak, verkieslik een met ‘n deksel of een wat jy somehow can cover.
      Sny 2 aartappels op in wedges en pak dit uit in die oondbak.
      Sit die wors ook in die oondbak
      Sprinkel steak & chops spice oor fokken alles
      Sny die ui op en pak die wors toe daarmee
      wors-en-rys-1Cover die oondbak en sit die hele storie in die oond vir ‘n uur lank. So net voor die uur om is, kan jy die rys solank opsit. As jy nie fokken weet hoe om rys te maak nie, maak so: bliksem ‘n koppie rys in ‘n Pyrex bak en cover dit met water (so 1cm bokant die rys). Nuke dit in die microwave vir 15 minute. Check hom net so elke 5 minute en roer die gedoende. Jy fokken kry nie makliker as dit nie. Onthou so kwart teelepel sout ook,
      Na ‘n uur, check met ‘n steakmes of die aartappels gaar is. Dit behoort te wees. Indien wel, sit die bak terug sonder die cover en bliksem jou dish so biejie met die grill vir 15 minute, maar skuif eers die uie eenkant toe sodat die wors ‘n tan kan vang.
      Draai die wors en die wedges om, moer nog so bietjie steak & chops spice op en grill hom vir nog so 15 minute.
      Haal die aartappel wedges en wors uit die bak uit, gooi die sous en die uie van die wors oor in ‘n pan op redelike hoë hitte. Meng ‘n halwe teelepel meel in ‘n kwart koppie water en roer dit in die pan om ‘n gravy te maak. Jy kan dalk so halwe blokkie stock ook inmoer as jy lus is.

      As jy alles reg gedoen het, behoort jou aandete min of meer so te lyk:
      wors-en-rys-2

      Deel so bietjie...
        deur |May 20th, 2014|Om te eet|0 Comments|

        Lawrence se zef prawn cocktail voorgereg

        Dis Saterdagoggend en dis fokken panic stations. Jou skoonouers kom oor 3 ure middagete by jou eet. Gewoonlik los jy jou tjerry met die kosmaakverantwoordelikhede, maar aangesien jy laasweek jou skoonpa se boor geleen het en dit helemal opgefok het, is dit tyd vir brownie points score. Jy het selfs die toilet seat gelig om jou piss vlekke te was. Time to shine motherfucker! Oor die volgende drie weke gee ek  resepte om jou skoonma heavy te impress en jou skoonpa se vetroue in jou te herstel.

        Prawn cocktail. Dit lyk larnie en jy kan nou daai fancy glase gebruik wat jou vrou gekry het op haar kitchen tea. Dit is ook doos maklik en vining om te maak. Die enigste drawback is dat avos seisonaal is. As jy ‘n harde avo gebruik kan jy maar jou erf porsie afskryf! Niks moet crunch gaan in die gereg nie, behalwe as jou skoon ouers van daai min mense is wat like om die hele fokken prawn te eet, kop en al.

        Bestandele: (Voer 4)
        200g geskilled en ontpoefde fokken prawns, die kleiner soort. Gedreineer en droog gemaak
        4 groot prawns, semi geskil. Dit gaan bo op vir garnish
        2 sagte avos
        1 sakkie “mixed lettuce leaves”
        ½ suurlemoen vir wedges sny
        1 eetlepel botter
        1 knoffelhuisie
        Sousie:
        4 eetlepels mayonnaise
        2 eetlepels Japanese mayonnaise (daai soort wat jy op sushi kry)
        2 eetlepes crème fresh (room, jou dom etter)
        1½ teelepels tamatie purée
        ¼ suurlemoen se sap
        Klein bietjie suiker

        Hier volg die stappe:
        Stap 1:
        Prawn skil. Skink vir jou ‘n ginnetjie of ‘n glasie wit wyn. Prawn sny gaan gepaard met vinger raak sny. Die gin of die wyn sal help vir die steady hand. Sny die prawn se stert onder by die middel af sodat jy die poefstring kan uithaal. Hou egter die einde van die stert en die kop heel. Terwyl jy dit sny is dit noodsaaklik dat jy jou beste impression van Neill Blomkamp gee in District 9: “vat so jou fokken prawn”.  Jy hoef slegs die stert en die kop aan te hou met die 4 groot prawns. Maak dit eerder 6 vir ingeval jy twee opfok. Vir die res kort jy net die stertjies. Die heel prawn gaan bo op vir versiering.
        Stap 2:
        Braai liggies die prawns in ‘n pan met ‘n bietjie knoffel en botter. Die vleisies moet net lekker ferm raak, soos jou eerste meisie se borste. As jy dit te lank braai gaan jou prawns soos rekkies smaak.
        Stap 3:
        Terwyl jou prawns afkoel, sny solank die res van jou bestanddele. Probeer als sny in bite size happies.
        Stap 4:
        Sousie –  Meng al die sous bestanddele in ‘n bakkie en roer lekker saam.  Gooi sout en peper by todat dit vir jou knjha smaak.  Meng nou jou prawn stertjies by die sousie sodat hulle deeglik gesmoor is. Let wel net die stertjies. Die hele prawn gaan ons gebruik vir garnish.
        Stap 5:
        Verdeel die bestandele ewe in al die glase. Miskien ‘n groter porsie vir jou skoonpa. Ek was nou die dag by Builders Warehouse en bore is fokken duur. Maak seker dat jy die hele prawn bo op sit. Dit is dit ouens. Ek het gesê dis fokken maklik.
        prawn cocktail

        Deel so bietjie...

          Bernard Braaibroodjie – Jimmy Sous (Gansbaai Poppie) – ons Vrydag video

          Comedy Braai songs… sing-a-long, drink-a-long, braai-a-long. Liedjies vir elke braai-okkasie en elke kuier situasie !

          Maak reg vir ‘n revolusie in afrikaanse braaimusiek! Stoutgat-treffers vat die backseat, want hier kom ‘n lekker ding ! Bernard braaibroodjie sal vir jou lekker by die vuur sing. Die Jimmyboys is vol grappe, die spice girls met hulle mooi lappe, en natuurlik Bernard, met sy unieke Afrikaanse liede vir jonk en oud, soet en stout, warm en koud, ribs en boud, peper en sout, charcoal en hout.

          Bernard Braaibroodjie is lief vir braai en kuier. Hy vind inspirasie in alledaagse dinge, asook ondervindings wat hy opgedoen het in sy reise deur ons pragtige land. Van plase tot kampeer-terreine, deur kusdorpe en in vakansiehuise, by jou vriend se braai tot in jou agterplaas…

          Deel so bietjie...
            deur |May 16th, 2014|Videos|0 Comments|