Turbo float. Next level.Smaak jy brannas en Coke? Smaak jy roomys? Nouma wat is jou fokken probleem? Dis somer, so sit vir jouself ‘n lekker Turbo Float aanmekaar. Hierdie outjie is eendag toevallig ontdek op ‘n hangover in die Spur. Jy maak mos uit van hangovers – jy drink hom mos reg. Die waiter het vir ons almal dubbel brannas en Coke gebring en ons het hom gevra om ‘n scoop roomys by te sit. Irish coffee se moer, ou pellie.

Dit staan jou natuurlik vry om dit met rum ook te probeer, maar ek vermoed dat dit een moerse skuimerige gemors gaan wees. Laat hoor maar van jou of dit werk. Nou kan jy jou drankprobleem nog dieper wegsteek as mamma en pappa of oupa en ouma kom kuier. Moet net nie langs hulle asemhaal nie.

As jy lactose intollerant is, hou verby Rrrrrrrt!

Deel so bietjie...