Gaste se resepte

Lawrence se zef prawn cocktail voorgereg

Dis Saterdagoggend en dis fokken panic stations. Jou skoonouers kom oor 3 ure middagete by jou eet. Gewoonlik los jy jou tjerry met die kosmaakverantwoordelikhede, maar aangesien jy laasweek jou skoonpa se boor geleen het en dit helemal opgefok het, is dit tyd vir brownie points score. Jy het selfs die toilet seat gelig om jou piss vlekke te was. Time to shine motherfucker! Oor die volgende drie weke gee ek  resepte om jou skoonma heavy te impress en jou skoonpa se vetroue in jou te herstel.

Prawn cocktail. Dit lyk larnie en jy kan nou daai fancy glase gebruik wat jou vrou gekry het op haar kitchen tea. Dit is ook doos maklik en vining om te maak. Die enigste drawback is dat avos seisonaal is. As jy ‘n harde avo gebruik kan jy maar jou erf porsie afskryf! Niks moet crunch gaan in die gereg nie, behalwe as jou skoon ouers van daai min mense is wat like om die hele fokken prawn te eet, kop en al.

Bestandele: (Voer 4)
200g geskilled en ontpoefde fokken prawns, die kleiner soort. Gedreineer en droog gemaak
4 groot prawns, semi geskil. Dit gaan bo op vir garnish
2 sagte avos
1 sakkie “mixed lettuce leaves”
½ suurlemoen vir wedges sny
1 eetlepel botter
1 knoffelhuisie
Sousie:
4 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels Japanese mayonnaise (daai soort wat jy op sushi kry)
2 eetlepes crème fresh (room, jou dom etter)
1½ teelepels tamatie purée
¼ suurlemoen se sap
Klein bietjie suiker

Hier volg die stappe:
Stap 1:
Prawn skil. Skink vir jou ‘n ginnetjie of ‘n glasie wit wyn. Prawn sny gaan gepaard met vinger raak sny. Die gin of die wyn sal help vir die steady hand. Sny die prawn se stert onder by die middel af sodat jy die poefstring kan uithaal. Hou egter die einde van die stert en die kop heel. Terwyl jy dit sny is dit noodsaaklik dat jy jou beste impression van Neill Blomkamp gee in District 9: “vat so jou fokken prawn”.  Jy hoef slegs die stert en die kop aan te hou met die 4 groot prawns. Maak dit eerder 6 vir ingeval jy twee opfok. Vir die res kort jy net die stertjies. Die heel prawn gaan bo op vir versiering.
Stap 2:
Braai liggies die prawns in ‘n pan met ‘n bietjie knoffel en botter. Die vleisies moet net lekker ferm raak, soos jou eerste meisie se borste. As jy dit te lank braai gaan jou prawns soos rekkies smaak.
Stap 3:
Terwyl jou prawns afkoel, sny solank die res van jou bestanddele. Probeer als sny in bite size happies.
Stap 4:
Sousie –  Meng al die sous bestanddele in ‘n bakkie en roer lekker saam.  Gooi sout en peper by todat dit vir jou knjha smaak.  Meng nou jou prawn stertjies by die sousie sodat hulle deeglik gesmoor is. Let wel net die stertjies. Die hele prawn gaan ons gebruik vir garnish.
Stap 5:
Verdeel die bestandele ewe in al die glase. Miskien ‘n groter porsie vir jou skoonpa. Ek was nou die dag by Builders Warehouse en bore is fokken duur. Maak seker dat jy die hele prawn bo op sit. Dit is dit ouens. Ek het gesê dis fokken maklik.
prawn cocktail

Deel so bietjie...

    Pampoentert

    Deur Marilize ingestuur

    Heerlik as bykos wanneer jy braai – bedien warm in winter en koud in somer!

    Wat jy nodig het:
    • 500 gram Butternut geskil, in blokke gesny
    • 3 Eiers
    • 180 mil koekmeel
    • 125 mil suiker
    • knippie sout
    • 375 mil melk
    • Cinnamon sugar, vir garnish

    Voorverhit oond tot 180C Stoom en mash butternut. Klits eiers en ander bestanddele en meng goed met butternut (ek doen alles met hand-blender om klonte uit te haal!). Gooi mengsel in oond-vaste bak en strooi cinnamon sugar oor Bak vir 30 – 40 min (tot tert gestol het)

    Deel so bietjie...

      Sharon se moerse maklike lemon meringue pie

      Hierdie resep is fokken maklik om te maak en redelik vinnig. Dis even nog vinniger as jy reeds ‘n tipe van ‘n base het (mens kan dit net koop) maar ons sluit vir jou ‘n resep vir die base ook in wat jy in ‘n moerse klomp ander resepte ook kan gebruik. Dis redelik eenvoudig…

      Wat jy nodig het:
      1 blik kondensmelk
      3 eiers
      1/2 kopie suurlemoensap
      1/2 strooisuiker

      En vir die base:
      1 en ‘n half koppie meel (225g)
      2 eetlepels versiersuiker
      125g botter (in blokkies, nie gesmelt nie)
      2 en half eetlepels yswater

      Pre-heat die oond tot op 180
      Sif droëe bestanddele in bak.
      Vryf die botter in tot dit soos broodkrummels begin lyk
      Voeg water by en gebruik ‘n mes om alles mooi te meng in ‘n deeg.
      Gebruik verder jou hande om die deeg bymekaar te bring
      Sit die deeg op non-stick baking paper en rol uit tot halwe sentimeter dik
      Line ‘n 23cm pyrex bak met die deeg en maak toe met baking paper
      Los in die yskas vir 30 om te rus
      Jy moet die deeg nou “blind bake” vir 30 minute, so gebruik rys om ‘n die baking paper plat te hou.
      Haal uit, verwyder die baking paper en die rys en bak weer vir 20min tot dit mooi goudbruin is.

      Die meringue filling
      Klap die oond op 160. vir ‘n pre-heat
      Skei eierwitte van eiergele in twee verskillende bakkies
      Klits eierwitte tot dit styf is – die easy manier om hier te check of dit reg is, is om die bak onderstebebo te draai sonder dat die eierwitte uitbliksem.
      Voeg die strooisuiker stadig by en hou aan klits en sit dan eenkant.
      Meng die eiergele en voeg die blik kondensmelk by.
      Voeg halwe koppie suurlemoensap by die eiergeel mix
      Klits vir omtrent ‘n minuut lank – mengels moet bietjie begin set
      Voeg die eiermengsel by oor die base
      Voeg die wit mengsel by en smeer dit egalig oor die geel mengsel
      Bak teen 160 vir 25 minute.
      Laat die outjie afkoel en sit dit in die yskas.
      Baie geluk, jy’t ‘n fokken lemon meringue gemaak!

      lemon-meringue-pie

      Deel so bietjie...

        Sharon se lekker maklike glazed gammon vir Krismis

        ‘n Eenvoudige glazed gammon is een van die maklikste goed op aarde om vir Krismis te maak, plus dis fokken lekker. As jy manage om hierdie op te fok is jy ‘n special tipe van dom.

        Wat jy nodig het:
        Ontbeende, ongekookte gammon van omtrent 2.5kg1 ui in twee halwes gesny
        cloves (as jy nie cloves like nie, los dit uit)
        2 stokkies selery
        water
        50g botter
        75g bruinsuiker
        ‘n eetlepel mosterd (nie fokken hotdog mosterd nie, iets oordentlik)

        Sit die gammon in ‘n groot pot en vul op met koue water en laat dit kook
        Sodra dit kook, drain die water uit, maak die pot skoon en maak weer vol met water.
        Druk die cloves in die twee halwe uie in. Hy moet lyk soos ‘n porcupine. Bring alles tot op kookpunt, bring die hitte af en simmer hom vir so twee-en-‘n-half ure.
        Haal die pot van die plaat af en  laat die gammon afkoel in sy sous.
        As hy koud genoeg is, haal die vel af (net die vel, nie die hele fokken storie met die vet nie)
        Sny nou diamant shapes oor die vet regoor die bokant.Smelt botter oor lae hitte en voeg die bruinsuiker en mosterd by. Meng alles tot dit lekker smooth is.
        Smeer die mengsel met ‘n kwas oor die gammon. Jy kan cloves ook indruk as jy wil.
        Druk die outjie in ‘n preheated stoof teen 200 celsius vir 40 minute tot hy nice en bruin is.
        As jy wil fancy wees kan jy cherries ook bysit aan die einde. Cherries werk lekker in bacon opgerol ook.
        Bedien saam met enige bygeregte. Ons was fokken lui en het rys en slaai bedien. Roasted aartappels werk befok.
        IMG_0273

        IMG_0274

        IMG_0276

        IMG_0277

        Deel so bietjie...

          Angola se bierbrood

          ‘n Lekker maklike bierbrood vir enige geleentheid, maar veral ‘n hit by jou tjommies se braai.

          Wat jy nodig het:

          ‘n Broodpan (jy koop hom cheap-cheap by Checkers).
          500 g self raise meel.
          500 ml bier (verkieslik iets met ‘n soeterige smaak soos Heineken).
          1 pakkie tamatiesop
          Sundried tamaties.
          Vars basil.
          Gerasperde cheddar kaas.
          Sout en peper (na smaak).

          Wat jy doen:
          • Meng die meel en die bier ‘n mengbak sodat dit ‘n papperige dik mengsel maak. Gooi dit dan in die broodpan.
          • Gooi die pakkie tamatie sop by –  as dit maak dat die mengsel droog is, moer nog bier by.
          • Suip die res van die bier uit. Mens mors nie met drank nie.
          • Vat ‘n kosskêr en knip die sundried tamaties en die basil in fyn stukkies by die mengel in.
          • Gooi sout en peper by soos wat jy dit verkies.
          • Verhit jou oond tot 200 C en sit die brood in.
          • Die brood vat presies ‘n uur.
          • As jy halfpad is, haal die brood uit en moer die kaas oor. Mens gooi nie die kaas in die begin op nie, anders word dit te hard.

          Bedien dit saam met braaivleis.

          angola-se-bierbrood-2

          angola-se-bierbrood-1

          Deel so bietjie...