een van ons lesers

About een van ons lesers

This author has not yet filled in any details.
So far een van ons lesers has created 8 entries.

Grobbies se Beesstert-tagine

Met Johannesburg wat deesdae soos ’n waterpark op die Oosrand lyk, is dit maar moeilik om enigiets in die buitelug te geniet, tensy jy dit dik smaak om vir die mense by die versekeringsmaatskappy te probeer verduidelik hoekom jy geskiem het dis ’n kiefpiele idee om met jou Ford Ka deur ’n vloed van twee meter hoog te ry.

Die afgelope naweek wou ek ’n beesstertjie of wat in die pot gooi, maar ná al die reën is droë braaihout skaarser as common sense by Eskom. Toe skiem ek ek gaan vir hom tagine. Kyk, ’n tagine is so ’n fênsie pot met ’n dome-agtige deksel wat jy op die stoof of in die oond kan gebruik. Hy lyk amper soos Noddy se hoedjie. Terloops, weet jy hoekom Noddy ’n klokkie op sy hoed het? Want hy’s ’n poes. tagineAnyway, as jy nie ’n tagine het nie, kan jy sommer ’n gewone casserole-pot gebruik. Hier is wat jy alles gaan nodig kry vir so 4 mense:

Wat jy nodig het:
Beesstert – so 1,5 – 2 kg
Olyfolie
Vars roosmaryn en tiemie, fyngekap – so handvol
So 3 teelepels vars gekapte knoffel
1 – 2 rooiuie
Port of rooiwyn – 1 koppie
Beesaftreksel – so 1 koppie
Vars room – 250 ml
Blatjang – 3 eetlepels
Bruinsampioene
Sout en swartpeper

Op ’n warm stoof-/gasplaat, kry die olie lekker warm en braai die vleis lekker bruin. Haal dit uit en braai die uie en knoffel in die vleis se sappe vir so 5 minute. Sit dan weer die vleis by. Nou moet die port bykom. Ek is seker iemand het al vir jou ’n bottel port present gegee op ’n kol, maar as jou vriende te common is kan jy maar rooiwyn ook gooi. Probeer ten minste iets ordentliks in die hande kry. Johannisberger Red-dooswyn is nie die ticket nie. Saam met die port/wyn kan jy so bietjie aftreksel bygooi, sodat die vleis mooi bedek is. Gooi sout en swartpeper en die vars kruie by en kry die hele spulletjie aan die kook. Nou wat die oom nou gaan sê is baie belangrik, outjies: Sodra die vloeistof lekker borrel, VERLAAG die plaat se hitte. Hy moet net-net prut. Sit die deksel op en gaan kyk so paar episodes Breaking Bad. Jy kan so ses deurwerk. Want hy moet LANK kook, pappie. En moenie elke 10 minute die deksel gaan lig om te check wat aangaan nie. Los die ding. Solank jy nie brand ruik nie, is alles klopdisselboom. Jirre, wat ’n lekker woord. Na so 3-4 uur kan jy die deksel lig, die room en blatjang en sampioene bymoer en die deksel toemaak vir nog so 2 uur. Check, die vleis moet so sag wees dat dit van die bene afbliksem. Dán is hy reg. Gooi weer so bietjie sout en peper en vreet vir hom saam met mash of rys of selfs vars brood. Hy is so lekker, jy gaan sommer jou tjommies se vingers wil aflek.
beestert

Lie se Suid-Afrikaanse eggnog

Suid Afrikaanse eggnog (my eie resep). Maak so 8 groot wynglase vol.

Dis Suid-Afrikaans want ons drink dit koud omdat dit warm is hier in Desember. In die USA drink hulle dit kamertemperatuur en sit meer room in as melk. Dit maak dit baie ryk!

Wat jy nodig het:
1l volroom yskoue melk
250ml koue room
6 eiers (geskei)
500ml brandy
1 teelepel nutmeg
6 eetlepels strooisuiker

Alles in ‘n blender:
Klits die eiergele en gooi 4 lepels strooisuiker by terwyl dit geklits word.
Gooi die brandy geleidelik by en blend bietjie
Gooi die melk en room by en blend goed.
Gooi alles in ‘n punch bowl of ‘n groot jug
Klits/klop die eierwitte appart met die orige 2 lepels strooisuiker – tot dit styf is.
Vou dan die eierwit in die mengsel – meng dit goed sonder om te rof te wees anders gaan die eierwit platval en die eggnog gaan lopering wees in plaas van fluffy.

Bedien in GROOT wynglase of koeldrankglase en sit chocolate of gekleurde sprinkles op – njammie!!

As jy van die smaak van rum hou kan jy die brandy daarmee vervang of helfte brandy helfte rum gebruik– of selfs whisky maar dan is dit nie meer Suid-Afrikaans nie! jy kan ook voedselkleursel bygooi om dit meer festive te maak!

eggnog

Stefan’s Gemsbok “BOER”guignonne

We got a nice cut of Gemsbok rump from a friend of ours and decided to make this potjie. You don’t have to use game as this dish is traditionally made with beef.

You will need:

1kg topside (slice these about 1cm thick and about 12cm square)
100g  streaky bacon (double this if you are using game)
half a bottle of goodish red wine
1 sliced onion
3 sprigs of thyme
2 bay leaves
4 tablespoons olive oil
4 cloves crushed garlic
12  baby onions
250g button mushrooms
250ml beef stock
salt
pepper
flour for dusting the meat.

Marinade the meat in the wine and half the oil , the herbs, sliced onion and garlic for a minimum of 4 hours.
Fry bacon in your pot till translucent. Remove.
Remove meat from marinade, pat dry, dust with flour and brown in batches in your pot.
Season.
Add marinade, stock and bacon.
Simmer for 2 hours.
Add baby onions and mushrooms.
Simmer for 30mins.
Serve with boiled potatoes.
This will serve about 6 people.

Corné se Eggnog Fudge vir Krismis

Reg om Krismis aan te pak maar soek so bietjie van ‘n anderster pudding? Gee hierdie een ‘n try…

Bestanddele
1½ Koppie roesyntjies of sultanas
2 Koppies Spiced Rum (Ek hou van Sailor Jerry’s of Negrita)
2 Koppies bruin Suiker
¾ Koppie botter (opgesny in blokkies)
⅔ Koppie Eggnog
2 teelepel gemaalde nutmeg
1 teelepel kaneel
340g wit sjokolade
200g Marshmallow room

Week die rosyntjies/sultanas in die 2 koppies rum vir mimimum 3 ure (verkieslik oornag)
Drein die rum van die rosyntjies/sultanas maar los so 2 teelepels oor in die houer
Cover ‘n 23 x 23cm pan met foelie en spray die foelie met so bietjie Spray ‘n Cook vir good measure.
Meng die suiker, botter, eggnog, nutmeg en kaneel in ‘n pan en laai dit kook. Roer maar gereeld dat die goed nie aanbrand nie.
Sodra die bestandele in die pan kook, hou op met roer. Jy’t een van daai fancy cooking thermometers nodig. 113 Grade Celsius is die nommer wat jy soek.
Haal die pan af en meng die wit sjokolade, marshmallow room en die 2 teelepels rum wat oorgebly het  van die rosyntjies/sultanas.
Meng alles met ‘n houtlepel tot dit lekker deurmekaar en donsig is.
Smeer die mengsel in die voorbereide foelie pan en sprinkel die roesyntjies/sultanas oor.
Laat dit afkoel en sny in blokke.

Eggnog-Fudge-vir-Krismis

Marilyn se aartappelsop

Hierdie is genoeg vir so 4 mense. Ek kook volgens gevoel en hoop ek onthou wat ek gistraand gedoen het want die sop was heerlik.

Vir die sop:

So 8 medium aartappels
bondeltjie (daar was 5) preie (leeks)
2 seldery stingels
1 hoender stock pot
250g bacon bits
teelepel crushed knoffel
knippie tiemie
Croutons
Enige soort dagoue brood (french, chiabatta, rolletjie of doodgewone gesnyde brood) in blokke of skyfies gesny.
Olyfolie
gedroogte origanum
basil
knoffelpoeier na smaak

Drup olie op gesnyde brood, strooi geurmiddels oor en meng. Plaas op bakplaat in oond teen 150. Doen hierdie voor jy die sop maak en roer van tyd tot tyd totdat dit lekker crisp is.
Braai bacon bits in bietjie olyfolie oor matige hitte, in jou sop kastrol tot lekker crisp.
Terwyl bacon braai; kap seldery, preie en geskilde aartappels.
Verwyder bacon en saute preie, seldery en knoffel in vetjies in kastrol tot deurskynend, so 5 – 10 min.
Gooi aartapels, helfte van bacon, stockpot en tiemie by.
Gooi kookwater oor tot so 2cm oor groente en kook tot groente sag.
Blits met stick blender tot glad. Proe nou of genoeg sout.
Sit by as te min, te veel dan het jy nie net een stockpot gebruik nie.
As te dik, voeg so bietjie kookwater by.
Mense wat nie cholestrolprobleme het nie kan nou ook as hulle wil so bietjie roomin roer. Gerasperde kaas kan ook oorgestrooi word maar is nog lekker daarsonder.
Bedien met croutons en van die bacon bits.

aartappelsop-1

aartappelsop-2