Welkom by die beste wenrezefte op die interwebs

Die idee agter Wat Kook Jy is om fun te hĂȘ met kos. Check, nie almal kan ‘n Beef Wellington aankemaarslaan nie (fok, meeste van ons weet nie eers wat dit is nie), so hierdie is ‘n platform waar almal van mekaar se tried en tested resepte kan uitprobeer asook om nuwe en vreemde dinge te probeer.

Nie al die resepte en tips op hierdie site gaan next level en moeilik wees nie. Baie mense sukkel met die basics en gee maklik op. “Ek kan nie eers ‘n fokken eier kook nie!” hoor mens dikwels groot, volgroeide, onafhanklike mans tjank. Hopelik is Wat Kook Jy hier om jou te help en te guide.

Hoe gaan ons dit doen? Hopelik deur die volgende:

Elke nou en dan wanneer onsself kosmaak, sal ons dit document en hier kom plak.Lesers contribute hulle eie resepte en deel met almal en bespreek dit.
Ons kry nou en dan so bietjie insig van bekenderige mense oor wat hulle like om te kook. Mense in die entertainment industrie of kosindustrie.
Daar reviews wees in die vorm van kos-related dinge – produkte, restaurante. Fok, ons sal even die local drive-through vir jou review.
Daar sal videos wees: Kort en kragtig. Ons cover quick tips, full-on resepte, so paar special mal inserts en even goeters wat uitfok.

Ons hou die site moerse basic: Onder “Om te eet” en “Om te drink” sal julle alles vind wat onsself plaas. Onder “Ons gaste se resepte” gooi ons tjommies in die entertainment industrie of kosindustrie se tips en resepte en onder “Ons lesers se resepte”… wel, jy behoort nou al te kop wat aangaan. Check gerus die “topics” cloud uit. Dis soortvan ‘n shortcut na bestanddele in resepte of die tipe resepte wat ons ons plaas.

Is dit anders as al die ander cooking blogs en websites daarbuite? Wie de fok gee regtig om? Watkookjy is ‘n fokken cool naam vir ‘n website. Dit gaan defnitief meer fun wees…

bly-kalm-en-om-nom-nom