Die petrolprys is alweer op en dit is kak nuus vir ieder en elk. Dit affekteer fokken alles, selfs die prys van ‘n skaaptjoppie. Die dae van jou pelle bederf met twee tjoppies by ‘n braai is verby. Dis fokken sad, maar die braai must go on. Gelukkig is daar ‘n oplossing – hummus. Ja, nou dink jy seker: hoe de fok pas hummus by ‘n braai? Dit is baie eenvoudig: laat jou pelle hulle dik vreet aan snacks sodat jy jou kar kan volmaak.

Hummus lyk altyd vir my ‘n bietjie soos slap kak (toe ek ‘n tiener was het ek baie Amarula gedrink).  Maar looks can be deceiving. Glo my, ek was al in Thailand en van daai pragtige poppies het totties. Befok van ver af, gefok van naby af. Hummus is weer anderkant om. Dit lyk soos kak maar dit smaak fokken lekker. En chickpeas is cheap cheap.

Bestandele:
1 blik chickpeas
Sap van een hele suurlemoen
1½ eetleepels tahini (as jy wil fancy wees)
1 geknuesde knoffel huisie
½ teelepel sout
1 teelepel fyngemaalde cumin
1 teelepel paprika
1-2 eetlepels olyf olie

Stap 1:
Boys dis braaityd, skink vir jou ‘n dubbel nannas of knak vir jou ‘n bier. Dreineer dan die vloeistof uit die chickpeas. Spaar ‘n kwart van die vloeistof. Bliksem dan al jou bestanddele saam in ‘n food processor of ‘n blender. Klits hom nou fokken lekker vir so tussen 3 en 5 minute. Ignoreer jou girly as sy op jou skreeu want sy kan nie hoor wat op die Kardashians aangaan nie. Ek time hom so net na ‘n commercial break sodat ek nie hoef te luister na daai kak nie. So tussendeur adamsappels en piele spot op “meisies” het ek leer spicy kos eet in Thailand. As jy ‘n skop aan jou hummus wil gee, voeg nog een rooi chilli of ‘n teelepel cayenne peper by jou mix. Jy sal ook oplet in die bestanddeellys staan daar “tahini”, wat vir jou heel moontlik niks beteken nie. Hummus sonder tahini is soos ‘n dubbel nannas met diet Coke. Dit werk, maar proe net nie helemal dieselfde nie en jou vriende gaan dink jy’s n fokken grap.

Stap 2:
Sit alles in ‘n bakkie en vinger hom ‘n mooi gatjie in die middel. Sies jy is kommen met jou vuil gedagtes. In daai gatjie sit jy nou 1-2 eetlepels olyfolie en strooi paprieka oor.  Fokken fancy ouens , ek dig dit!

Bedien met ‘n pitabroodjie. Jy kan hom sommer vinnig in die toaster druk. As ‘n ou dubbel dip, dink net aan hoe lekker jy daai gaatjie gevinger het! Lekker eet, manne.
humus

Deel so bietjie...