Elke vriendekring het ‘n vegetarieer . Hulle fok gewoonlik ‘n hele braai op. “Het daai wors geraak aan my tofu?” “Nee fok, jou stukkie tofu staan uit soos ‘n seer witkop puisie op my rooster. Daai heerlike wors geur wat jy proe op jou tofu is wat oorgebly het op die rooster van laas naweek se braai. Verwag jy ek moet elke keer as jy kom kuier ‘n nuwe fokken rooster koop? “ Hierdie exchange word gewoonlik gevolg deur ‘n sug en dan ‘n kwart van jou dop down sodat jy nie vir die persoon ‘n PK gee nie. Ons moet reeds so vedraagsaam wees met JZ, Telkom, Eskom, Julius, Barry Roux en kak weervoorspelings. Nou nog vegetarians wat jou naweekbraai kom bederf.  Dis amper net te veel. Ons gaan vandag dus verdraagsaamheid beoefen deur om ‘n vegetariese resep te bespreek. Ek het nou al ‘n paar vegetariese resepte getry en 90% van hulle het veroorsaak dat ek ‘n binnemondse kotsie vang. Die een is dus my gunsteling, maar dit is ‘n ingewikkelde affêre.  OK ouens, haal diep asem, let’s go.

Bestandele: (voer 8)                    
1½ koppies bruin lentils, spoel net af
Genoeg van  Knorr se groente stock om omtrent so 6 koppies vol te maak
3½ knoffel huisies, deeglik gemoer
1¼ rooi chilli, fyn gechop
¼ rooi ui, fyn gekap
5 vars takkies thyme, opgechop
2 volgraan snye brood of 1 ½ koppies broodkrummels
2 geklitse eiers
1-2 eetlepes volgraan meel
1 eetlepel Mrs Balls sterk blatjang

Stap 1:
Hierdie een kort ‘n stywe dop. Net hardehout ouens, verkieslik skoon. Plaas die lensies in ‘n groot pan met die stock en die gekneusde knoffel. Let wel jy kan jou frustrasie uithaal op die knoffel. Verbeel jou die knoffel is King Joffrey  se gesig en laat loop met die houe . Laat alles nou lekker saamkook vir tussen 20 en 25 minute. As jou lensies sag raak kan jy maar die pan van die hitte afhaal. Dreineer nou al die vloeistof. Pasop om nie jou hande fucked-up te brand nie. Sit die lensies eenkant om af te koel.

Stap 2:
In daai 20-25 minute behoort jy nou al lekker getap te wees. Die vedraagsaamheid  behoort nou al uit jou ore te vloei. Meng nou die chilli, rooi uie, thyme, blatjang en die broodkrummels in ‘n groot bak. Voeg die lensies by en roer lekker saam. Gooi ‘n bietjie sout en peper by todat dit vir jou lekker smaak.

Stap 3:
Die eiers behoort net so geklits te wees soos jy. Hy maak mos so ligte skuimpie bo-op, amper soos ‘n rum en coke. Voeg die geklitse eiers by jou mengsel.  Meng deeglik deur en voeg meel by sodat jou mengsel lekker styf word.

Stap 4:
Maak jou hande so bietjie nat met olyfolie.  Neem so klein handjie vol van die brousel en vorm patties daarmee. Piets jou patties met die plat hand soos jou gunsteling stripper se boudjies!

Stap 5:
Dis braaityd. Dié goed is doos  moeilik om te braai. Ek fok myne gereeld op. Hier is ‘n paar tips. Spuit ‘n bietjie Cook and Spray op jou rooster. Nie terwyl dit op die vuur is nie, jou dom doos! Jy mag dalk net kwalifiseer vir ‘n Darwin Award. Dit gaan hand aan hand met my tweede tip: maak seker jou rooster is koud voordat jy begin braai. Dit is vir my moeilik om te se hoe lank dit gaan neem want ek weet nie hoe warm jou vuur is nie. Solank die binnekant van die patty net nie koud is nie behoort jy fine te wees.

Stap 6:
Hier kan jy nou jou eie kreatiwiteit gebruik en op die burger sit wat jy wil. Moet tog net nie fokken bacon sit op jou vegetarieer buddy s’n nie.

Jirre ouens ek gaan nie lieg nie. Die resep is doosbaie moeite. Miskien moet ons maar net nuwe vriende maak…
veggie patty

Deel so bietjie...