Hierdie is ‘n fokken maklike straight forward resep. Jy’t about fokol prepwerk nodig, die oond doen die res van die werk en dis lekker cheap-cheap. ‘n Oondgebakte porktjoppie op sy dag is mos nie ‘n slegte ding nie, of hoe?

Waarskuwing: word nie aanbeveel vir Moslems of Jode nie. Shame. Julle weet nie wat julle mis nie.

Wat jy gaan nodig kry:
2 gem squashes
6 baby potatoes
2 pork tjops
2 teelepels Dijon mostert (of whatever mosterd jy like)
1 teelepel botter
1 teelepel crushed garlic
1 sny brood
bietjie olie

pork-tjops-4Drizzle so klein bietjie olie oor die baby potatoes en gooi klein bietjie sout oor. Sit dit in ‘n oondbak en cover. Dit die oond aan om te pre-heat op 190 en sit sommer terselfdetyd jou tappeltjies in om hulle solank te begin wakker maak terwyl jy die ander kak prepare.

Smelt ‘n teelepel botter in ‘n bakkie (so 30 sekondes in die microwave behoort die trick te doen) sommer saam met ‘n teelepel crushed garlic. Roer 2 teelepels Dijon mosterd saam. Vat ‘n sny brood en krap so halwe palm vol broodkrummels met ‘n vurk in die gedoente in en meng alles saam tot ‘n paste.
pork-tjops-3Jy behoort nou ‘n ‘n opgehoopte teelepel en ‘n half vol paste te hê vir elkeen van die twee tjoppies. Gooi so klein bietjie sout aan altwee kante van die tjoppies. Smeer nou daai paste egalig uit oor altwee tjop, maar nie oor die vet gedeeltes nie. Jy kan ook bietjie swart peper oor die outjies grind. Teen hierdie tyd behoort die oond se pre-heat liggie af te gaan, maar los die baby potatoes vir nog so tien minute. Gaan rook ‘n sigaret of iets. Jou prepped tjoppies moet min of meer so lyk:
pork-tjops-2Gee vir die baby potatoes nuwe bure met daai varkies en druk dit terug in die oond vir 45 minute.
pork-tjops-1Nou kan jy nog ‘n sigaret gaan rook en daarna die twee gem squashes in ‘n pot water bliskem en aan die kook sit. Steek eers ‘n klein snytjie in elkeen se kant, anders ontplof die fokken goed en dan sit jy met pampoenwater en pitte. Net ‘n side note hierso: Die twee pampoentjies moet in die water dryf. Hulle boude moenie bo die waterlyn uitsteek nie, anders word net helfte van die fokken ding gaar gekook.

Wanneer hulle klaar gekook is (net voor jy die vleis en aartappels uithaal), sny een in die helfte, krap die pitte uit met ‘n lepel, drop ‘n klein bietjie botter in en strooi met suiker. Kaneel is ook ‘n goeie addition. As jy nie van suiker like nie, probeer Aromat. Jy kan die ander een se pampoenvleis uitkrap en in ‘n tupperwarebakkie in die yskas bêre sodat jy iets het vir moreaand se meal. Of vreet alles. Die keuse is joune. Actually voor jy dit doen (dis nou na die vleis 45 minute in die oond was) kan jy gou check hoe dit met die tjoppies gaan. Dit behoort klaar te wees. As jy lus het, grill hulle vir so 10 of 15 minute vir ‘n kleurtjie en ‘n geurtjie.

Jou meal behoort so iets te lyk. Dis fokken lekker:
pork-chop-5

Deel so bietjie...