Ek sien baie resepte vir Malva poeding wat nie brandewyn in die sous bevat nie. As daar nie brandewyn in die sous is nie, kan mens dit nie Malva poeding noem nie. Sonder die Brandewyn is dit “Jan ellis poeding”.

So hiermee volg n resep vir opregte Malva Poeding!

Wat jy gaan nodig kry:
1 eier
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
½ koppie melk (jy kan ook ‘n hele koppie melk gebruik as jy nie room het nie)
½ koppie room
¾ koppie suiker (jy kan ook n hele koppie suiker gebruik maar vir my is dit te soet)
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 eetlepel bruin druiwe asyn

Meng al bogenoemde bestandele.
Gooi in gebotterde pan
Bak teen 180 vir 40min

Sous:
1 ½ koppie melk (of 1/2 melk, 1/2 room, jy sal room oorhê as jy room in die beslag gebruik het)
½ koppie suiker – minder soet gebruik (1/4 koppie suiker)
½ koppie botter
¼ koppie Klipdrift brandewyn
1 t vanielje geursel

Sit boghenoemde in kastrol en verhit tot botter smelt.
Gooi sous oor poeding as dit uit oond kom en nog warm is, laat sous intrek.
Bedien met vla.
Jy kan ook minder of meer suiker gebruik na jou persoonlike smaak – die oorspronklike resep het meer suiker bevat maar ek het dit verminder omdat dit te soet was. Jy kan ook melk gebruik waar dit vra vir room as jy regtig nie room het nie.
Malva poeding

Deel so bietjie...