Wees babbelaas se Baas

Moenie ’n lunsriem of ’n Jannie-jammergat wees en na jou naaste Wimpy toe sluip as jy die vorige aand te veel gedrink het nie. Man up en veg terug met jou eie medisyne met hierdie omeletresep wat verfyn is na jare se toegewyde drink.

Wees nou maar eerlik, nes jy nooit na ’n rokerige kroeg gaan om gebliksem te word nie, begin jy ook nooit drink met die idee om die volgende oggend baie kak te voel nie.

En tog gebeur dit meer kere as wat jy sou wou verkies. Deur die jare het jy seker al soort van vrede gemaak hiermee. Wel, daar is goeie nuus: As jy hierdie omelet – die Jakes Babbelaas Buster Omelet* – eet, sal jou krag vinniger herstel as Hugh Hefner se zaber na ’n handvol Viagras.

Die geheim lê in die biltong. En ’n paar ander klein dingetjies. Kom, laat ons jou wys hoe.

Jy het nodig:
’n Pan met ’n deksel
Twee groot eiers.
Gekerfde beesbiltong
Cheddar-kaas (Gouda is vir ouens met ponytails wat nog by hulle ouers bly en heeldag gaming doen).
Tamatieskywe
Italiaanse kruie (Robertson se Italian Herbs werk goed)
Bovril, Oxo of Marmite (opsioneel)

IMG_2252
Só maak jy:

1.    Braai die gekerfde biltong in ’n pan. Beesbiltong werk lekker, maar enige biltong sal die trick doen. Wanneer jy die beesbiltong braai, ontsluit dit ’n lekker geurtjie. Die woord “ontsluit’’ is baie prentsieus, maar dit beïndruk chicks so die doel heilig die middele.
IMG_22562.    Neem die twee eiers en skei die gele en die eierwit. As jy dit nie kan uitfigure nie… gaan bêre jou karsleutels, handig jou braaitang in by jou plaaslike polisiestasie en gee jou powertools vir die meisie langsaan, want jy’s ’n spastiese fokken moroon. En bly weg uit die kombuis!
Klits nou die eierwit apart totdat dit lekker skuim. As dit klaar is, gooi jy die eiergele by en klits vir nog ’n rukkie totdat dit goed gemeng is. Wanneer jy die eierwit apart klits, het jy ’n meer “fluffy’’ en pofferige eiermengsel – en uiteindelik omelet. Doen dit en sê agterna dankie vir Wateetjy.
IMG_22543.    Gooi die gebraaide biltong in die geklitsde eiermengsel en gooi dan die hele spulletjie in die warm pan. Sorg dat die hitte laag is, anders gaan die omelet brand. Sit dadelik die deksel op sodat die hitte die omelet ook van bo af kan gaarstoom.
Dis een van die geheime van dié omelet: Die biltong is ín die eier, nie bo-op nie. Die Spanjaarde maak ’n soortgelyke gereg wat hulle Tortilla de Patatas noem. Hulle gooi allerhande goed in die eier, van ham tot aartappels.
IMG_22584.    Na ’n minuut of so haal jy die deksel af, pak die tamatie op die omelet, gooi gerasperde cheddar bo-oor, “sprinkel” (chicks is mal oor sulke woorde) die Italian Herbs bo-op en sit die deksel vinnig terug.
IMG_22605.    Na ’n minuut of twee sal die kaas mooi gesmelt wees. Gebruik jou gesonde verstand – as die eiermengsel nog rou lyk, is dit omdat dit, wel, nog nie gaar is nie. Wag dan nog ’n minuut of twee en kyk of dit gaar is. Die deksel bo-op sal help dat die eier gelyk van bo en onder af gaar word.
6.    Staan terug soos ’n legende, maak oop die deksel en skep die omelet uit met ’n spaan. Probeer om dit nie op die vloer te laat val nie, want jy gaan soos ’n poephol voel.
IMG_2262Next level stuff:
As jy Bovril, Oxo of selfs Marmite het, kan jy dit bo-op die omelet smeer vir daai ekstra vleis- en soutsmaak. Dis goed vir jou babbelaas. Eksperimenteer met hoeveel daarvan genoeg is, want te veel is ook nie slim nie. Altans, nie so fokken slim soos jy die vorige aand was nie.
IMG_2264*Vernoem na Jaco Kirsten, skepper van dié omelet. Hy het al in meer plekke in die wêreld gedrink as die meeste sterflinge. Van onder in Argentinië, deur Peru tot bo in die Rockies in Montana in die VSA, verby Reykjavik in Ysland, teen die Noordpoolsirkel in Swede, af deur Engeland waar hy vir ’n ruk gewoon en werk het, regdeur Nederland, Frankryk, Spanje, Duitsland, Italië, Slowenië en Kroasië, tot in Maleisië en Singapoer, totdat hy in Australië uitgekom het. Sy ergste hangovers was egter as ’n student in Potchefstroom.

Deel so bietjie...