Suid Afrikaanse eggnog (my eie resep). Maak so 8 groot wynglase vol.

Dis Suid-Afrikaans want ons drink dit koud omdat dit warm is hier in Desember. In die USA drink hulle dit kamertemperatuur en sit meer room in as melk. Dit maak dit baie ryk!

Wat jy nodig het:
1l volroom yskoue melk
250ml koue room
6 eiers (geskei)
500ml brandy
1 teelepel nutmeg
6 eetlepels strooisuiker

Alles in ‘n blender:
Klits die eiergele en gooi 4 lepels strooisuiker by terwyl dit geklits word.
Gooi die brandy geleidelik by en blend bietjie
Gooi die melk en room by en blend goed.
Gooi alles in ‘n punch bowl of ‘n groot jug
Klits/klop die eierwitte appart met die orige 2 lepels strooisuiker – tot dit styf is.
Vou dan die eierwit in die mengsel – meng dit goed sonder om te rof te wees anders gaan die eierwit platval en die eggnog gaan lopering wees in plaas van fluffy.

Bedien in GROOT wynglase of koeldrankglase en sit chocolate of gekleurde sprinkles op – njammie!!

As jy van die smaak van rum hou kan jy die brandy daarmee vervang of helfte brandy helfte rum gebruik– of selfs whisky maar dan is dit nie meer Suid-Afrikaans nie! jy kan ook voedselkleursel bygooi om dit meer festive te maak!

eggnog

Deel so bietjie...